Meer waar­de vir jou geld

Tuis - - KOPIES -

Op die ou end het die Bothas R349 800 be­stee en van­dag is hul R615 000-huis meer as R2 mil­joen werd. Hier is ’n paar van hul geld­spaar­wen­ke:

Soek rond vir die bes­te prys en hou jou oë oop vir spe­si­a­le aan­bie­din­ge en uit­ver­ko­pings; ons het al ons te­ëls so ge­kry. Gum­tree en bou­wer­we in ny­wer­heids­ge­bie­de is skat­kis­te vir lek­ker ma­te­ri­aal. On­der­han­del!

Dink uit die boks As ons al ons rom­mel laat weg­ry het, sou dit 3% van ons to­ta­le be­gro­ting op­ge­slurp het! Ons het toe die rom­mel ge­bruik vir ’n keer­muur bui­te die leef­ruim­te wat ons R3 500 ge­kos het, plan­te en gras in­ge­sluit.

Wees aan­pas­baar Jy kry mis­kien nie nou jou ge­la­mi­neer­de vloe­re nie, maar dis nie die ein­de van die wê­reld nie.

Wees kre­a­tief Her­ge­bruik en her­win! Vir Ja­ke se slaap­ka­mer het ons ’n ou TV-kas in ’n hang­kas om­skep en in die bad­ka­mer doen ’n ou leer diens as hand­doek­re­ling. As jy ’n goeie ge­leent­heid raak­sien, gryp dit

aan! As jy dit nie doen nie, sal ie­mand an­ders. Vra on­der­steu­ning by fa­mi­lie en vrien­de; hul lief­de en ge­loof in jou sal jou dra wan­neer jy moed ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.