De­kor­styl

Tuis - - LESERHUIS -

Zel­da be­skryf haar styl as e­klek­ties met ’n voor­lief­de vir ar­ti­kels uit die 50’s en 60’s, as­ook Art De­co-stuk­ke uit die 30’s en 40’s. “Ek hou van funk­si­o­ne­le goed – niks krul­le­tjies, draai­tjies en tier­lan­tyn­tjies nie, maar din­ge wat sto­ries ver­tel.

“Ons huis­goed ver­tel die ver­ha­le van die vo­ri­ge eeu se in­ge­ni­eurs­deur­bra­ke: vlieg­tuie, wol­ke­krab­bers, ra­dio’s … al­ler­han­de goed wat ons le­wens mak­li­ker ge­maak het. Ek, I­zak én Mia is al drie ver­sa­me­laars – soms dink ek dis soos ’n siek­te!”

Wat kleu­re be­tref, het Zel­da be­gin met pis­ta­sie­groen (Plas­con se Gent­le Ca­ress), een van haar guns­te­ling-ska­ke­rings, en “die dow­we rooi van ’n kar wat te lank in die son ge­staan het”. Dié kleur het sy ge­vind in die Plas­con-pa­let: Hot ’n Spi­cy.

“Maar dees­dae kom al­ler­lei spat­sels by,” sê sy. “Van ou­goud tot ou­groen en jou-ou­ma-se-kop­pie­spienk.” En sie­daar.

KON­TAK The Wa­re­hou­se 082 771 0284, wa­re­hou­se­self­ca­te­ring.co.za

VER­SKAF­FER Ce­m­cre­te 011 474 2415 ce­m­cre­te.co.za Die ge­sin se oor­le­de bul­hond, Zol­nik, pryk teen die muur van die on­der­ste bad­ka­mer (on­der) . ’n Ou weer­mag-kos­trom­mel hou voor­raad vir wan­neer beurt­krag toe­slaan (mid­del on­der).

Die poot­jies­bad (bo) is op ’n plat­form wat uit­sig­te bied in die rig­ting van die Wieg van die Mens­dom. ’n Kant­gor­dyn gee ’n ro­man­tie­se kin­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.