Oor die vloer

Tuis - - RAAD -

Di­an­ne Bur­ger van Jo­han­nes­burg

skryf Ek laat al die te­ëls in my huis uit­kap en hoe­wel ek dol is op se­ment­vloe­re, wil ek nie ’n af­vlak­laag hê nie. Hoe be­rei ek my se­ment­vloer voor voor­dat ek dit verf, en wat­ter pro­duk­te moet ek ge­bruik? Moet ek die vloer ag­ter­na ver­se­ël? Kan ek die­self­de verf in my bad­ka­mers en ga­ra­ge ge­bruik?

Da­niel Fon­nie van Du­ram S­mart Paint ant­woord So­dra die te­ëls ver­wy­der is, gaan die op­per­vlak grof en on­ge­lyk wees weens te­ël­se­ment wat ag­ter­bly. Om ’n glad­de op­per­vlak te kry, moet jy ’n se­ment-bo­laag wat van­self ge­lyk lê, aan­wend en dit met hout be­stryk. Wag tot dit droog is en wend ’n laag Du­ram S­ho­wfloor Ce­ment Floor Pri­mer aan; af­han­gend van die ka­mer­tem­pe­ra­tuur sal jy die grond­laag so­wat 3 uur moet kans gee om droog te word. Jy sal weet dis droog so­dra ’n deur­sig­ti­ge laag merk­baar is; in­dien nie, wend nog ’n laag aan.

Wan­neer dit heel­te­mal droog is, wend die eer­ste laag Du­ram S­ho­wfloor Po­lyu­ret­ha­ne Floor Paint in die kleur van jou keu­se aan. Ge­bruik ’n kwas en verf eers die ran­de en dan die res van die vloer. Gee dit 1–2 uur kans om droog te word, af­han­gend van die ka­mer­tem­pe­ra­tuur, en wend dan ’n twee­de laag of meer aan vir vol­le­di­ge dek­king. So­wat 24 uur na­dat die fi­na­le laag aan­ge­wend is, kan die vloer lig­te voet­ver­keer han­teer en ná se­we dae is dit reg vir ge­wo­ne ver­keer. Jy kan dié verf ook vir jou bad­ka­mer en ga­ra­ge ge­bruik en die­self­de stap­pe volg. Ont­hou net, die vloer sal ná se­we dae eers reg wees vir ge­wo­ne ver­keer, ver­al die ga­ra­ge.

KON­TAK du­ram.co.za >>

Ont­hou, sten­sil­werk lyk mooi aan die be­gin, maar gaan nie vir e­wig hou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.