HEER­LIK, SA­LIG

Fe­bru­a­rie is die maand van die lief­de – die per­fek­te tyd om jou per­soon­li­ke toe­vlugs­oord ’n tik­kie ro­man­se te gee …

Tuis - - TILE AFRICA PROMOSIE - Ti­le A­fri­ca het ’n wye ver­skei­den­heid te­ëls en bad­ka­mer­wa­re. Vir nog de­korin­spi­ra­sie en op­knap-i­dees, be­soek Ti­le A­fri­ca se In­spi­ra­ti­on Gal­le­ry by www.ti­le­a­fri­ca.co.za of ska­kel 0800 002 783.

Liza Wa­ter­mey­er, ver­koops- en uit­stal­lings­ko­ör­di­neer­der vir Ti­le A­fri­ca, gee wenke oor hoe jy jou bad­ka­mer in die per­fek­te ro­man­tie­se ruim­te kan om­skep.

Kleur is be­lang­rik

Die reg­te te­ëls sal ’n groot ver­skil maak as jy ’n dro­me­ri­ge of de­ka­den­te voor­koms in die bad­ka­mer wil skep. Hier werk swart en wit won­der­lik om ’n ro­man­tie­se vin­ta­ge-at­mos­feer te wek.

Per­fek vir ’n bor­rel­bad

In ’n ro­man­tie­se bad­ka­mer moet die bad liefs vry­staan­de wees – ver­kies­lik in die mid­del van die ver­trek as jou ruim­te dit toe­laat. ’n Klas­sie­ke bad met klou­po­te sal ’n sjar­man­te fo­kus­punt uit­maak, of kies ’n o­vaal bad met trap­pies waar­op jy prag­ti­ge lan­terns of ker­se kan uit­stal.

’n Ver­fris­sen­de stort

In­stal­leer ’n ek­stra­groot stor­troos wat re­ën­drup­pels na­maak of ’n mul­tis­tort­kraan. Of wat van twee stor­tro­se langs me­kaar vir ge­deel­de vreug­de?

In die reg­te luim

Die reg­te be­lig­ting is be­lang­rik. Om ’n dro­me­ri­ge at­mos­feer te skep, in­stal­leer ’n ver­dof­ska­ke­laar. Voeg ’n paar ge­geur­de ker­se by vir nog sag­te be­lig­ting.

In oor­daad

Ont­wer­pe­le­men­te en toe­be­ho­re dra als by tot die voor­koms en ge­voel van die ver­trek. Skep ’n fo­kus­muur met tref­fen­de pa­troon­te­ëls of hang ’n in­druk­wek­ken­de spie­ël vir ’n tik­kie luuks­heid – en ont­hou ’n paar e­le­gan­te by­kom­stig­he­de soos ge­geur­de seep, bad­skuim en weel­de­rig sag­te hand­doe­ke.

Liza Wa­ter­mey­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.