Ougoed of hougoed?

Tuis - - RAAD - E-pos [email protected]

An­ne­li­se Nagel van Kaap­stad skryf ’n Vriend se pa het ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log (1939-1945) hier­die ka­me­ra by ie­mand ge­kry. Aan­den­kings is dik­wels af­ge­neem by sol­da­te wat in veld­slae om­ge­kom het en dié ka­me­ra het aan ’n Duit­se sol­daat be­hoort. Het dit e­ni­ge waar­de?

An­ton Welz, di­rek­teur van S­te­phan Welz & Co., ant­woord Dis ’n Voigt­lan­der Bril­li­ant-boks­ka­me­ra. As die romp van me­taal is, is dit tus­sen 1932 en 1937 ge­maak. As dit ba­ke­liet is, is dit ná 1937 ge­maak. Die maat­skap­py is in 1756 in We­nen ge­stig, maar het oor die ja­re van ei­e­naar ver­wis­sel en be­staan nie meer as Voigt­lan­der nie. On­ge­luk­kig is die ka­me­ra se waar­de laag en selfs al is dit in ’n goeie toe­stand, sal dit nie veel op ’n vei­ling haal nie.

OU­DER­DOM Ci­r­ca 1930’s WAAR­DE R300

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.