Dit is wat hy doen:

Tuis - - TUIN -

Rowland se wenke

• Plant die knol­le in ’n meng­sel van ri­vier­sand, kom­pos en been­meel. • Meng 1 li­ter wa­ter met 1 eet­le­pel ep­som­sout en gooi twee keer ’n week daar­mee nat tot die plant so­wat 75 cm hoog is. Gee daar­na net skoon wa­ter. Ont­hou, dah­li­as het heel­wat wa­ter no­dig; hy maak sy plan­te el­ke twee­de dag goed nat. • Voed die plan­te el­ke week van­dat dit so­wat 20 cm hoog is deur Se­a­gro op die bla­re te giet. • As jou plant­jie af­ge­vreet word, is die son­daar heel moont­lik ’n wurm. Vang hom met die hand of strooi sny­wurm­pil­le. • Moe­nie te veel knop­pe op een plant be­hou as jy reg­tig mooi blom­me wil hê nie. Breek van die knop­pe uit so­dat die blom­me wat oor­bly ek­stra spog­ge­rig kan wees. • Stut die plan­te na­ma­te hul­le gro­ter groei. Dah­li­as kan tot 3 m hoog word. Par­ty van Rowland se blom­me is so groot, die plant het 3 stut­te no­dig om dit reg­op te hou! Hy ge­bruik bam­boes vir die doel. • Wan­neer die dah­li­as klaar ge­blom het, moet jy die plant net so los tot die bla­re heel­te­mal geel is. Pluk die dooie bla­re teen A­pril af en los die knol in die grond. Ein­de Mei haal Rowland die knol­le uit, was hul­le skoon en bê­re hul­le. “Ek los my­ne som­mer bui­te on­der die win­gerd,” sê hy. Dan plant hy hul­le weer ein­de Au­gus­tus om vir nog ’n so­mer se blom­me te sorg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.