Ta­ke vir Fe­bru­a­rie

Tuis - - TUIN - Deur Kay Mont­go­me­ry

Plant ’n kruie-tee­tuin

’n Tee­tuin kan in ’n son­ni­ge hoe­kie in die tuin, tus­sen pla­vei­ste­ne, in ver­he­we bed­dings, in pot­te, of selfs in die vorm van ’n tee­pot wees. Die mees­te kruie vra son en goed­ge­drei­neer­de grond. Soos met al­le kos­tui­ne moet daar geen plaag- of on­kruid­do­ders ge­bruik word nie. Maak ’n ver­fris­sen­de warm of ys­tee met die bla­re van dié kruie: ● La­ven­tel (La­van­du­la an­gus­ti­fo­lia) A­ro­ma­tie­se grys-groen bla­re met pers blom­me. ● Suur­le­moen­tie­mie (T­hy­mus citri­o­do­rus ‘Au­reus’) ’n Laag­groei­en­de plant met klein hel­der­groen en -geel bla­re wat as grond­be­dek­ker of in ’n rand­ak­ker ge­bruik word.

● Suur­le­moen­bal­sem (Me­lis­sa of­fi­ci­na­lis) Ver­sprei mak­lik. Die blom­me lok bye; bla­re het ’n suur­le­moen­geur.

● Suur­le­moen­ver­be­na (Aloy­sia citri­o­do­ra) Hout­ag­ti­ge ste­le en s­mal groen bla­re met ’n suur­le­moen­skil­geur. Het be­skut­ting in kou­er kli­ma­te no­dig.

● Pyn­ap­pel­sa­lie (Sal­via e­le­gans) ’n Hoog­groei­en­de s­truik met pyn­ap­pel­geu­ri­ge loof en skar­la­ken­rooi blom­me.

Iets ro­man­ties

Die roos is ’n sim­bool vir lief­de en ro­man­se, en wat is nou be­ter vir Va­len­tyns­dag as ’n roos wat na ’n prin­ses ge­noem is? • ‘S­ha­rifa As­ma’ is ’n lief­li­ke mid­del­slag­struik­roos met blou­pienk blom­me en ’n sterk, vrug­ti­ge geur; dis ge­noem na ’n O­maan­se prin­ses. • ‘Pe­op­le’s P­rin­cess’, ge­noem na Di­a­na, die prin­ses van Wallis, dra diep, roos­pienk blom­me op do­ring­lo­se ste­le. • ‘Garden P­rin­cess’ het geu­ri­ge, de­li­ka­te pienk blom­me.

3 Vir hul­le wat ma­nel dra

Het jy ge­weet pad­das is van die mees be­dreig­de dier­groe­pe op aar­de? On­der­steun Skrik­kel­dag vir Pad­das

op 28 Fe­bru­a­rie deur ’n pad­da­vrien­de­li­ke tuin te skep. Jy kan ’n dam­me­tjie bou waar­in hul­le kan aan­teel, skuil­plek bied in kom­pos­ho­pe of stom­pe, of plan­te kweek wat be­sker­ming bied teen die son en roof­die­re.

Hou die dam­me­tjie se vorm een­vou­dig en wis­sel die diep­te af met lys­te, ef­fens skuins ran­de en hier en daar ’n k­lip. Die blou­wa­ter­le­lie (Nymp­ha­ea nou­cha­li var. ca­e­ru­lea), wa­ter­blom­me­tjie (A­po­no­ge­ton dis­ta­chyos) en dry­wen­de hart­jies (Nymp­hoi­des thun­ber­gi­a­na) is wa­ter­plan­te waar­op pad­das kan rus en on­der kan skuil.

4 Plant vir die herfs

Lok s­koen­lap­pers na jou tuin deur kos­mos ’n bie­tjie la­ter te plant. Bui­ten dié met pienk, wit en ma­roen blom­me is daar ook klei­ner kos­mos­se met goue en o­ran­je en­kel- en se­mi­dub­bel­blom­me wat aan bos­ag­ti­ge, reg­op plan­te groei.

Plant in­heem­se mau­ve seer­oog­blom­me­tjies (Hypoes­tes a­ri­sta­ta), pienk sa­lie (Ort­ho­siphon la­bi­a­tus) of wit, pienk, mau­ve en pers P­lec­trant­hus-spe­sies en kul­ti­vars vir ’n sag­te herfs-kleur­ske­ma.

Die im­mer­groen, gra­si­eu­se groei­wy­se van Ca­mel­lia sa­san­qua, wat in die herfs blom, maak dit ge­skik om as skerm­plant en ak­sent te ge­bruik. Strooi ’n dik dek­laag om vog in die grond te be­hou.

La­van­du­la an­gus­ti­fo­lia ‘Mini Blue’

‘S­ha­rifa As­ma’

(le­ap­day­for­frogs.org.za) Na­tal­se boom­pad­da Wa­ter­blom­me­tjie

Kos­mos

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.