Krui van die maand

Tuin­krui­se­ment (Men­tha spi­ca­ta)

Tuis - - TUIN - KON­TAK he­alt­hy­li­ving-herbs.co.za

Ver­fris­sen­de ment wak­ker eet­lus aan en help met ver­te­ring.

Kweek dit so Al­le va­ri­ë­tei­te het die­self­de ba­sie­se ver­eis­tes: ryk, klam grond en ge­deel­te­li­ke son. Die mees­te is kruip­plan­te en ver­sprei vin­nig. As die krui­se­ment roes op die bla­re kry, is dit be­ter om dit tot op die grond te­rug te snoei.

Soor­te Tuin­ment (Men­tha spi­ca­ta) is die ge­wild­ste. Daar is ook ap­pel­ment, ba­si­lie­ment, sjo­ko­la­de­ment, eau-de­co­log­ne-ment (met ’n si­trus­geur), gem­mer­ment, pyn­ap­pel­ment en pe­per­ment, as­ook grond­be­dek­kers wat in­sek­te weg­hou, soos po­lei en bal­der­jan.

Wenk van die maand As plan­te yl be­gin raak, plant net van die ge­wor­tel­de sui­ers en jy sal bin­ne­kort sterk nu­we plan­te hê.

Het jy ge­weet? As jy krui­se­ment laat blom, sal dit s­koen­lap­pers en bye lok wat jou groen­te en vrug­te sal be­stuif.

Al­ge­me­ne pro­ble­me Dié plan­te kan ’n bed­ding oor­neem – plant dit eer­der in pot­te. Jy kan die pot in die grond sit en die sui­ers af­sny so­dra dit uit­kom.

I­de­aal vir slaaie en vrug­te­slaaie, in ys­tee, of maak ’n ment­sous vir ge­roos­ter­de lam. Dis won­der­lik saam met ert­jies en ba­ba-aar­tap­pels of ge­meng met jo­gurt en knof­fel in slaai­sous. Drink krui­se­ment­tee ná ’n groot maal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.