Lud­wig se roos­hoe­kie

Die roos­ken­ner Lud­wig Tas­ch­ner gee raad vir ro­se in bed­dings wat swak drei­neer en wan­neer om nu­we ro­se te be­mes.

Tuis - - TUIN - Be­soek lud­wigs­ro­ses.co.za en stuur vrae na tui­[email protected]

V: Ek het al swart ro­se op so­si­a­le me­dia ge­sien. Waar kan ek dit kry?

Daar is nie reg­te swart roos­va­ri­ë­tei­te nie – wat jy op Fa­ce­book sien, is met P­ho­toshop ge­doen. Daar is wel va­ri­ë­tei­te wat ’n mooi swart blom­knop het en diep­rooi is wan­neer dit oop­gaan; na­ma­te die blom­bla­re ou­er raak, raak dit don­ker­der. Dié va­ri­ë­tei­te is ‘Black Ber­ry’, ‘Black Ma­gic’, ‘Black Ma­don­na’, ‘Black Pe­arl’ en ‘Black Bac­ca­ra’. V: Ek het ’n aan­tal ro­se op ver­skil­len­de plek­ke in die tuin ge­plant, maar ná twee maan­de raak die ste­le swart en vrek die plant. Wat is die oorsaak?

Wan­neer ste­le swart word soos jy be­skryf, is dit ’n aan­dui­ding dat die ro­se ho­pe­loos te veel be­mes is voor hul­le ge­ves­tig ge­raak het. Wan­neer jy nu­we ro­se plant, is dit be­ter om min­stens ’n maand te wag voor jy be­mes.

‘Black Ber­ry’ ‘Black Ma­gic’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.