Pie­sang-en-Tin Roof­melk­skom­mel

Tuis - - SOMERVRUGT­E -

Ek het on­langs ’n al­le­min­ti­ge Pie­sang-C­hai-melk­skom­mel by Diesel & Crè­me op Bar­ry­da­le ge­niet. Dis hier waar ons die in­spi­ra­sie ge­kry en die mooi strooi­tjies ge­be­del het. Stop ge­rus daar as jy met Roe­te 62 langs ry.

Ge­noeg vir 2 groot melk­skom­mels Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te

• 1–2 groot, pas­ryp pie­sangs • 1 li­ter Tin Roof-room­ys* • 5ml fyn ka­neel • 250ml melk • 25ml gou­e­stroop (op­si­o­neel) • sjo­ko­la­de-spuit­room • 10ml kleur­strooi­sel Skil en kap die pie­sangs in grow­we stuk­ke en sit dit in ’n be­ker­ver­sap­per. Voeg die room­ys en ka­neel by en ver­dun dan ge­lei­de­lik met die melk; laat die mo­tor loop tot die melk­skom­mel net reg is. Proe en voeg nog pie­sang en/of room­ys na smaak by. Spuit die gou­e­stroop rond­om die bin­ne­kant van twee groot glas­fles­se (dis net vir die lek­ker en kan uit­ge­laat word as die skommel vir jou klaar soet ge­noeg is). Giet die melk­skom­mel daar­in en spuit dan ’n al­le­min­ti­ge roos sjo­ko­la­de­room bo-op. S­prin­kel kleur­strooi­sel oor en druk ’n dik strooi­tjie in die skommel. Drink dié ver­lei­ding saam met ’n ge­lief­de en moe­nie dink aan die ki­lo­jou­les nie! * Tin Roof is die noem­naam van va­niel­je­room­ys waar­deur sjo­ko­la­de-en-fud­ge-sous en neute ge­meng is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.