V

Tuis - - AGTERBLAD -

Vir die so­veel­ste keer dié week soek ek en my man na ons huis se sleu­tels. Ons wil ry, maar wáár is die dek­sel­se sleu­tels? Ge­luk­kig het ek ’n man met ’n hu­mor­sin, want hy lag toe ons uit­ein­de­lik die bos­sie sleu­tels kry: in die ys­kas. Waar ek dit neer­ge­sit het toe ek net gou ’n bot­tel wit­wyn wou in­sit voor­dat ons gaan.

Ons sluit die huis en ry, ons be­loof me­kaar (weer) pleg­tig dat ons meer aan­dag sal gee om ons sleu­tels al­tyd op die­self­de plek te bê­re, want hy sit dit ook soms op snaak­se plek­ke neer. Soos bó-op die ys­kas, wat (na­tuur­lik) er­ger is as ín die ys­kas.

Hy ver­tel my ’n sto­rie van sy pa en ma. Toe hy ’n kind was, het hul­le al­tyd by sy ou­pa en ou­ma by die see gaan va­kan­sie hou. Die huis se he­le bos sleu­tels, met die ga­ra­ge én sy pa se kan­toor­sleu­tels, gaan na­tuur­lik saam. Al­mal kui­er tog te lek­ker, maar die dag toe hul­le moet te­rug­ry, vra Pa vir Ma: “S­kat­te­bol, waar is die huis se sleu­tels wat ek vir jou ge­gee het?”

En Ma sê vir Pa: “Lief­ling, jy het nie die sleu­tels vir my ge­gee nie.” “Ek hét,” sê Pa. “Nee, Lief­ling, jy het nie,” sê Ma, lank­moe­dig soos al­tyd. “Maar ek hét,” sê Pa. “Ek ont­hou nog baie goed hoe ek dit in jou hand ge­sit het.”

Hul­le soek hoog en laag, maar ry na­der­hand huis toe met die we­te dat hul­le nie sleu­tels het om die huis en Pa se kan­toor oop te sluit nie. Die ge­moe­de­re loop hoog, want Pa is ’n kor­rel­kop wat weet wat hy weet. En hy sê dit. Maar ma weet ook wat sy weet, al sê sy dit nie.

Al die vreug­de van die va­kan­sie is weg. Die kin­ders sit tjoep­stil ag­ter in die Vol­la, want hul­le is nie ge­woond daar­aan dat Pa en Ma ba­klei nie.

By die huis moet hul­le in­breek om in die huis te kom, en nu­we sleu­tels moet ge­maak word.

Die vol­gen­de jaar toe hul­le weer by Ou­ma en Ou­pa is, stap Pa na die kle­re­kas en sê vir ma: “Kyk nou mooi dat ons al­bei dit weet: Ek sit die sleu­tels hier neer, bo-op die kle­re­kas.” En met die neer­sit sien hy die ver­lo­re bos sleu­tels, pre­sies waar hy dit ’n jaar ge­le­de neer­ge­sit het. “Het hul­le daar­oor ge­lag?” vra ek. “Ja,” sê my man, en ek weet waar­om my skoon­ou­ers vir ses­tig jaar ge­luk­kig ge­troud was. Daar is nóg ’n mooi sleu­tel-sto­rie. ’n Vriend van my het op ’n plaas groot­ge­word. Op ’n dag, toe hy so 12 jaar oud is, moet sy ou­ers drin­gend vir die dag weg­gaan, en hul­le moet dou­voor­dag reeds in die pad val. Ko­bus is groot ge­noeg om die plaas op te pas; sy ou­ers be­sluit hy moet

ri­a­[email protected]

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.