Veels ge­luk, Tam­zin S­mith ONS WEN­NER!

Om ’n huis van R320 000 pre­sent te kry, ge­beur nie al­dag nie. En as die ge­luks­go­din jou ge­kies het uit die dui­sen­de wat in­ge­skryf het, mag jy maar uit jou vel wees! Hoe’t dit ge­voel toe jy be­sef jy het ge­wen?

Tuis - - KOMPETISIE - Dis wat sy te sê het:

Toe ons in Maart van­jaar die Wen ’n Huis­kom­pe­ti­sie aan­kon­dig, het ons ver­wag die SMS’e gaan in­stroom. Maar toe ons op 13 Mei (die og­gend ná die slui­tings­da­tum) die SMS’e tel, is ons wild­ste ver­wag­tin­ge oor­tref: ’n he­le 107 352, en dit sluit die 52 698 aan­lyn­in­skry­wings op Tuis se mo­bi-blad uit. Dis dui­de­lik die “pod”-huis van Per­fect-Pla­ces het Tuis- le­sers se hart­sna­re ge­roer… Uit al dié in­skry­wings is die wen­ner toe on­der streng toe­sig ge­trek: Tam­zin S­mith, ’n ver­koops­kon­sul­tant van Oos-Lon­den. “Ek het nog nooit iets ge­wen nie,” het ’n oor­stelp­te Tam­zin (28) laat hoor toe sy die goeie nuus kry. En dit het ’n he­le ruk­kie ge­neem om in te sink. Eers het Tam­zin nie heel­te­mal be­sef dat sy die groot wen­ner is nie, maar toe die waar­heid deur­dring, was daar geen per­ke aan haar op­win­ding nie. To­taal ge­skok. Ek was in my mo­tor toe ek die nuus kry, en kon op daar­die oom­blik nie ont­hou waar­voor ek in­ge­skryf het nie – en dit na­dat ek so baie SMS’e ge­stuur het! Hoe­kom het jy in­ge­skryf? Ek is mal oor k­lein ruim­tes, en toe ek die sto­rie sien, moes ek net die kans waag. Waar gaan jy die huis op­sit? V­rien­de van ons be­sit die trou-ve­nue 2 S­wans, waar hul­le on­langs er­we uit­ge­merk het; my ou­ers het een ge­koop. Dis net bui­te Oos-Lon­den, en ek gaan daar bly. Hoe­kom het jy vir ont­werp 1 ge­stem? Ek was mal oor die dek en die per­go­la, en die moont­lik­heid van ’n dak­tuin. Ek is in­ge­stel op eko-vrien­de­lik leef en hou van die na­tuur en bui­te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.