KONINGSKOS

Maak dié Kers­fees ’n pronk­stuk met sap­pi­ge, veel­sy­di­ge SA Pork.

Tuis - - SA PORK PROMOSIE -

Ham­ter­rien

Ge­noeg vir 3 brood­pan­ne­tjies van 14 x 7cm • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 1½ uur

• 750g vark­maal­vleis • 250g vars vark­wor­sies, vel ver­wy­der • 100g spek­re­pe, ge­kap • 1 Gran­ny S­mith-ap­pel, ge­ras­per • 5ml heel groen­pe­per­kor­rels • so­wat 10ml see­sout­vlok­kies • 3 tak­kies tie­mie, blaar­tjies ge­stroop • 60ml plat­blaar­pie­ter­sie­lie, ge­kap • 30ml kor­rel­mos­terd • ’n knip­pie neut­mus­kaat • 1 ei­er­wit • 250g vier­kan­ti­ge sky­fies ham • 3 dun 14cm-kaas­wor­sies, vel ver­wy­der • 2 preie, wit ge­deel­tes ge­kap en ge­braai • 15ml ge­roos­ter­de den­ne­pit­te

1 Voor­ver­hit die oond tot 180 °C. Meng die maal­vleis, vark­wor­sie­vleis, spek, ap­pel, pe­per, sout, tie­mie, pie­ter­sie­lie, mos­terd, neut en ei­er­wit in ’n meng­bak. 2 S­meer die pan­ne­tjies en voer dit uit met die ham. Laat van die ham oor die pan­ne­tjies se ran­de hang so­dat jy dit la­ter oor die vul­sel kan vou. Skep die pan­ne­tjies half­vol met die maal­vleis­meng­sel; druk dit styf vas. 3 Sit 1 of 2 sny­tjies ham (so lank soos die pan­ne­tjies) plat neer en skep ’n le­pel preie en ’n paar den­ne­pit­te daar­op, ge­volg deur ’n kaas­wor­sie. Rol die wor­sie styf in die ham op en sit dit in mid­del van een van die ter­riens. Her­haal met die an­der. 4 Skep die res van die maal­vleis­meng­sel bo-op die wor­sies in die drie pan­ne­tjies so­dat hul­le ef­fens boe­pens staan – die vleis krimp wan­neer dit gaar word. Vou die oor­han­gen­de ham bo-oor en be­dek styf met foe­lie. 5 Sit die ter­riens in ’n oond­bak en vul die bak met warm wa­ter tot half­pad teen die pan­ne­tjies op. Bak vir 1½ uur. Haal uit die oond, d­rei­neer die wa­ter en sit ’n ge­wig (soos ’n kap­plank met blik­kies­kos) bo-op die ter­rien om dit te kom­pak­teer. Laat staan so tot af­ge­koel. Haal die foe­lie af en keer die ter­rien ver­sig­tig uit – daar kan dalk vloei­stof in die pan­ne­tjie wees, so pas­op vir mors.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.