Hel­der kleur en vin­ta­ge-pa­tro­ne in har­mo­nie langs die Hels­hoog­te-pas

Tal­le rei­se was die in­spi­ra­sie vir dié e­klek­tie­se huis waar hel­der kleu­re en vin­ta­ge-meu­bels ge­sel­lig saam­bly.

Tuis - - NEWS - Deur Ma­ri­an van Wyk en Kim A­rend­se • Fo­to’s Hen­ri­que Wil­ding • S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk • De­ko­ras­sis­tent Suné Ester­hui­zen

Ka­tie Far­rin­ger en Jan S­ch­lie­mann het 15 jaar ge­le­de dié ruim, rus­ti­ge huis in ’n weg­ge­steek­te hoe­kie langs die Hels­hoog­te­pas ge­koop.

Dis wel nie ver van die dorp af nie, maar hier teen die han­ge van die S­tel­len­bos­se ber­ge kan die ge­sin ont­span – en die vre­de en stil­te van die om­ge­wing ge­niet.

Ka­tie, ’n boor­ling van die Ver­e­nig­de Sta­te, is ’n ge­sou­te rei­si­ger en het heel­wat van die wê­reld se groot ste­de saam met haar ou­ers ge­sien voor die ge­sin hul­le ja­re ge­le­de, toe sy nog ’n tie­ner was, in Suid-A­fri­ka kom ves­tig het.

Haar lief­de vir uit­heem­se, ek­so­tie­se plek­ke en hul hel­der kleu­re en teks­tu­re is reg­deur die huis sig­baar. As ’n vol­tyd­se skil­der het dié rei­se nie net haar kuns­wer­ke ge­ïn­spi­reer nie, maar ook die e­klek­tie­se de­kor in el­ke ver­trek, wat elk­een klaar­blyk­lik ’n an­der era of be­stem­ming weer­spie­ël.

“Ek is pas­sie­vol oor kleur en u­nie­ke i­tems. Ook ver­skil­len­de s­ty­le – van retro so reg uit die 1970’s tot Vic­to­ri­aans en Oos­ters, al­les vind aan­klank by my. Die eind­re­sul­taat is soms ’n men­gel­moes van kleu­re en ont­wer­pe, maar dis on­ge­twy­feld ek.

“My huis ver­an­der heel­tyd. Ek skuif ge­du­rig din­ge rond en kies nu­we muur­kleu­re; op die oom­blik hou ek van diep, ryk blou­groen en dof­pienk.”

Een van haar guns­te­ling-tyd­ver­dry­we is om by twee­de­hands­win­kels rond te snuf­fel vir meu­bels wat sy kan re­stou­reer. Daar is heel­par­ty sul­ke stuk­ke reg­deur die huis, met an­tie­ke erf­goed en net ’n paar nu­we ko­pies tus­sen­in.

Ka­tie kom­bi­neer kleur en pa­troon met groot suk­ses, en skroom nie om blom­mo­tie­we met meer tra­di­si­o­ne­le stre­pe te kom­bi­neer nie. Haar kom­bi­na­sies is dik­wels on­ge­woon, maar die eind­re­sul­taat ge­tuig van haar be­son­der­se kre­a­tie­we flair.

Bin­ne en bui­te word een

Daar is ge­mak­like vloei tus­sen die kom­buis en leef­a­re­as wat uit­loop op die stoep met sy prag­ti­ge uit­sig op die ro­man­tie­se, we­li­ge tuin. Dit her­in­ner aan die En­gel­se plat­te­land, met ’n mag­dom pienk ro­se wat die kleur­pa­let van die leef­a­re­as per­fek kom­ple­men­teer.

“Ek wou die ge­voel skep dat die tuin en leef­a­re­as aan­een­vloei,” sê Ka­tie. Daar­om is daar heel­wat dub­bel­ven­sters en -deu­re, dak­lig­te, ’n prag­ti­ge son­ka­mer en mak­li­ke toe­gang tot die geil tuin.

Die on­der­skeie ei­e­naars van dié ou plaas­huis het oor die ja­re stuk-stuk daar­by aan­ge­bou, wat ’n paar on­ge­mak­li­ke ruim­tes tot ge­volg ge­had het. Maar pleks dat Ka­tie dit by gro­ter ver­trek­ke in­ge­werk het, het sy elk­een ’n kre­a­tie­we in­spui­ting ge­gee – het­sy met ’n ver­sa­me­ling bor­de of ’n uit­stal­ling vin­ta­ge-spie­ëls en an­der i­tems teen die muur. “Dis be­lang­rik om heel­wat hoe­kies te hê met ver­ras­sings­e­le­men­te of rus­ti­ge plek­ke vir ag­ter­oor­sit,” sê sy. >>

Die son­ka­mer is ’n knus kui­er­plek tus­sen die oop­plan­kom­buis en stoep. Wie woon hier? Ka­tie Far­rin­ger en Jan S­ch­lie­mann met hul kin­ders, A­lex­an­der (15), Se­bas­ti­an (14), Jo­se­phi­ne (8) en Jack­son (7) WAAR S­tel­len­bosch

32

Die stoep kry og­gend­son, maar die Vi­r­gi­nie­se klim­op hou die ruim­te koel. Dis die per­fek­te plek vir ont­span en al fres­co-e­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.