MAR­TI­NA VER­TEL HOE JY DIE 70’S-STYL TOT SY REG LAAT KOM

Tuis - - VARS IDEES -

• Kies meu­bels en af­wer­kings met plat, skoon ly­ne en teks­tuur­ry­ke by­kom­stig­he­de met ge­o­me­trie­se pa­tro­ne in hel­der kleu­re. • Stal jou guns­te­ling­stuk­ke uit, maar nie te veel daar­van nie. Soms kan jy die ver­lang­de voor­koms skep deur net en­ke­le e­le­men­te uit die tyd­perk by te voeg, by­voor­beeld ’n lamp­kap, huis­plant, be­skil­der­de spie­ël of speel­se plak­pa­pier. • Kyk uit vir meu­bels uit die vo­ri­ge eeu by vlooi­mark­te en twee­de­hands­win­kels, op vei­lings, gum­tree.co.za en Facebook-groe­pe wat twee­de­hand­se ar­ti­kels ver­koop. En moe­nie jou ou­ers en groot­ou­ers se mo­tor­huis ver­geet nie! • Tyd­skrif­te en Pin­te­rest is goeie bron­ne van in­spi­ra­sie. • Wees ge­dul­dig, ver­al as jou be­gro­ting knap is; dit kan lank neem voor jy die reg­te ar­ti­kel raak­loop. • Pro­beer ’n oop plan skep, ver­al met jou kom­buis en eet­ge­deel­te. • Hout­vloe­re en -meu­bels is al­tyd ’n goeie keu­se. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.