So maak jy...

Tuis - - DOEN DIT SELF -

1 Meet en merk die vol­gen­de pun­te teen die lang sye van die rug­plank af: 80 mm, 240 mm, 400 mm, 560 mm, 720 mm. Meet en merk die vol­gen­de pun­te teen die kort sye af: 100 mm, 215 mm, 330 mm, 445 mm, 560 mm. Ver­bind nou dié mer­ke om ’n roos­ter te vorm. Ge­bruik die plaat­boor en boor ga­te waar die ly­ne kruis. Boor ook vier 8 mm-ga­te vir die Ra­wl-bou­te.

Wenk Keer dat die hout splin­ter deur die ga­te net half­pad te boor (tot die boor­punt se skerp punt ag­ter uit­kom). Draai dan die plank om en boor el­ke gat van die an­der kant af deur. 2 Meet en merk pun­te by 130 mm, 245 mm en 360 mm in die mid­del van die 600 x 200 mm-plank af. Ge­bruik jou gat­saag en boor ’n gat by el­ke punt – dis per­fek om klein plant­pot­jies in te ver­sink. Skuur nou al jou plan­ke deeg­lik.

3 Merk en boor met die be­ton­boor­punt ga­te vir die Ra­wl­bou­te in die muur. Plaas die rug­plank oor die bou­te en draai hul­le vas met die moer­sleu­tel.

Ge­bruik Ra­wl-bou­te om voor­wer­pe teen ’n bak­steen­muur vas te sit. Die bou­te het de­le wat met ’n wi­gak­sie uit­sit wan­neer jy die bout vas­draai en an­ker hom­self só ste­wig in die muur.

VER­SKAF­FERS Ca­pe Bo­ards 021 981 0152, ca­pe­bo­ards.co.za De­on de Goe­de 084 589 5026, de­[email protected]­de­on.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.