Wat van Wag­ter?

Tuis - - TUIN -

As jy hon­de het wat graag bui­te speel, hou dit in ge­dag­te wan­neer jy jou paad­jie se ma­te­ri­aal kies, sê S­ha­ron. Dit geld ver­al as jy bas­stuk­kies ge­bruik. Be­plan dan jou paad­jie ver­der weg van die stoep of leef­a­re­as, an­ders gaan hul­le ge­du­rig bas­stuk­kies by die huis in­dra.

Hon­de hou daar­van om langs die voor­ste hei­ning, draad of muur te hard­loop vir in­ter­ak­sie met an­der hon­de in die straat. Om te ver­hoed dat hul­le jou tuin in die pro­ses ver­trap, kan jy ’n smal­ler tuin­paad­jie teen dié hei­ning uit­lê. Dit kan ’n ge­wo­ne grond­paad­jie wees wat aan een kant toe­ge­plant is dat jy dit nie van die huis kan sien nie, of ge­bruik bas – as hul­le dit uit­trap, gaan dit een­vou­dig bed­dings toe en word met­ter­tyd kom­pos.

Hier sorg die huis­ei­e­naars se slim ge­bruik van in­heem­se plan­te en tra­di­si­o­ne­le kei­ste­ne vir ’n tref­fen­de tuin­paad­jie.

Tuin­paad­jies kan die oog na die land­skap in die ver­te lei (on­der) of jou uit­nooi om ver­steek­te hoe­kies te ver­ken (links).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.