TOPWENKE

Tuis - - TUIN -

Neem dié fak­to­re in ag wan­neer jy jou tuin­paad­jie be­plan, sê die pa­neel:

Ne­vil­le

• Jou tuin­paad­jie moet by jou tuin én jou huis se styl pas. • Dit moet mak­lik toe­gank­lik wees, ook vir gas­te met hoë hak­ke, kie­ries of stoot­wa­en­tjies. • Sorg vir ’n gly­vas­te op­per­vlak wat nie in ’n gly­baan ver­an­der wan­neer dit re­ën nie. • ’n Paad­jie is eer­stens funk­si­o­neel: Dit laat be­we­ging in jou tuin toe of kan ver­skil­len­de de­le af­ba­ken. Maar dit kan jou tuin ook in­te­res­san­ter maak, by­voor­beeld deur ’n ver­steek­te ban­kie ie­wers langs die paad­jie te plaas.

Sa­rah

• Dink ge­rus nuut oor jou tuin­paad­jie en gee jou ver­beel­ding vrye teu­els. Ek het al selfs skul­pe en mo­sa­ïek­pla­vei­sel ge­bruik. • Hou al­tyd die funk­sie van die paad­jie in ge­dag­te. Vir dié wat baie voet­ver­keer moet dra, rol­stoel­vrien­de­lik moet wees of toe­gang vir as­drom­me of krui­wa­ens moet ver­leen, is ’n ge­pla­vei­de paad­jie die bes­te op­sie.

Pe­tro

• Tuin­paad­jies gee di­men­sie. Dit maak nie net jou tuin toe­gank­lik nie, maar kan ook ver­ras­sings­e­le­men­te in­bring. • Die tuin as ge­heel moet har­mo­nie op jou ei­en­dom be­werk­stel­lig en daar moet ’n sterk vi­su­e­le band tus­sen jou bin­ne­ en bui­te­ruim­tes wees – laat jou paad­jies by die al­ge­he­le ka­rak­ter aan­sluit.

S­ha­ron

• Ver­geet van net pla­vei­ste­ne – kom­bi­neer ver­skil­len­de me­di­ums in ver­skil­len­de groot­tes en vorms om dit in­te­res­sant te maak. Maar ont­hou, prak­tie­se oor­we­gings moet al­tyd swaar­der weeg as es­te­tie­se voor­keu­re. • Voor jy be­gin, moet jou grond ge­lyk wees en jou bed­dings weers­kan­te van die paad­jie ef­fens skuins af­loop om te keer dat jou paad­jie ge­du­rig mod­de­rig en nat is so­dra die re­ën uit­sak. As jy reeds ’n paad­jie het met hier­die pro­bleem, plant ’n lae grond­be­dek­ker wat die wa­ter sal fil­treer en mod­der sal weg­keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.