Streef na ho­ër grond

Tuis - - TUIN -

Die i­de­a­le grond vir ro­se is san­de­ri­ge leem­grond van min­stens 50 cm diep, met goeie drei­ne­ring. Tog is baie tui­ne op rots­ag­ti­ge skuins­tes of moe­ras­ag­ti­ge plek­ke wat nie goeie drei­ne­ring het nie weens swaar grond of om­dat daar bou­rom­mel on­der ’n dun grond­laag is. Die op­los­sing is om roos­bed­dings min­stens 30 cm ho­ër as die res van die tuin te maak. In ’n be­staan­de tuin be­te­ken dit jy moet die ro­se uit­haal, die bed­ding ver­hoog en die ro­se weer op die reg­te diepte plant. Ju­nie is die bes­te tyd hier­voor om­dat die ro­se dor­mant is en die wor­tels nie on­der so baie span­ning sal wees nie.

Só lig jy ’n bed­ding

• Maak die ro­se die dag voor die tyd nat so­dat die grond klam en mak­lik be­werk­baar is. • Snoei die ro­se met so­wat ’n der­de te­rug, en merk die plan­te met e­ti­ket­te, want jy gaan waar­skyn­lik die blom­me (waar­aan jy die plant sou i­den­ti­fi­seer) af­sny. • Sny die wor­tels die vol­gen­de dag af deur ’n graaf in ’n sir­kel rond­om die struik in die grond te druk (so­wat 20 cm van die stam af). Haal die roos ver­sig­tig uit die grond en sit dit in ’n ska­du­kol. • S­pit die grond van die be­oog­de roos­bed­ding so­wat 30 cm diep (graaf­diep­te) om. • Werk sand, gruis, ge­skik­te san­de­ri­ge bo­grond en or­ga­nie­se ma­te­ri­aal soos kom­pos, bas­stuk­kies of grond­boon­dop­pe by die oor­spronk­li­ke, los­ge­maak­te 30 cm grond in. Meng dit ’n paar keer goed deur. • Voor jy die grond die laas­te keer om­spit, sprin­kel Vi­goro­sa of Vi­go­lon­ger en su­per­fos­faat of been­meel oor die op­per­vlak en meng dit deur die grond, wat lek­ker spon­se­rig be­hoort te voel. Die bed­ding se op­per­vlak moet nou ’n goeie 30 cm ho­ër as voor­heen wees. • Om te keer dat be­sproei­ings- of re­ën­wa­ter weg­loop, kan jy ’n rand rond­om die bed­ding bou. Ge­bruik e­nig­iets van bak­ste­ne, klip­pe en hout­pa­le tot hal­we be­ton­rin­ge. Grond­be­dek­kers soos vi­ool­tjies is ook ’n goeie i­dee, want dit sal die grond in po­si­sie hou.

Ver­hoog jou

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.