Ver­sa­me­laars van for­maat

Tuis - - LESERHUIS -

“Ek aard na my ou­ma Sa­die Moor­rees,” vertel Car­la. “Sy het ’n prag­ti­ge huis ge­had met vrees­li­ke groot meu­bels en in­te­res­san­te va­se. Ek het baie by haar ge­leer. Daar­by is ek en Braam al twee ver­sa­me­laars. Ons kom nooit met leë han­de te­rug van ’n vei­ling of ’n mark nie, het­sy vin­ta­ge-mark­te oor­see of die Mil­ner­ton­vlooi­mark.”

El­ke ver­trek het ho­pe ka­rak­ter dank­sy dié mark­vonds­te en op­tel­goed wat die sto­rie vertel van die ge­sin se reis van Ka­na­da te­rug na Suid-A­fri­ka, en va­kan­sies in G­rie­ke­land en Pa­rys – twee guns­te­ling-be­stem­mings. “Vir my het die huis ’n ver­sa­me­laars­ge­voel, maar Ja­na sê soms sy voel as­of sy in ’n mu­seum woon,” lag Car­la.

Die swart-en-wit pa­let is nog ’n nu­wig­heid en skep ’n tref­fen­de kon­tras met al die spat­sels sil­wer, ko­per en goud in die huis. “Ek het met ’n wit pa­let be­gin en so die af­ge­lo­pe twee jaar swart be­gin in­bring vir dra­ma­tie­se ef­fek,” ver­dui­de­lik sy. “Ek kan net nie die spuit­verf uit­los nie!

“My groot droom is nou om die he­le huis bui­te swart te verf. Of mis­kien swart en wit. Ek dink nog. Hou hier­die ruim­te dop!”

Braam s­kud net sy kop. “Jong, as jy lank ge­noeg stil­sit, sal sy jou ook met die verf­kwas­te by­kom!” >>

Voor die gas­te­bad­ka­mer se ven­ster (links) hang ’n ou­wê­reld­se swart kant­ta­fel­doek wat op sy dag wit was. “As ’n ding nie werk nie, sal ek dit máák werk deur dit te kleur of te verf,” sê Car­la. Die ta­fel­tjie was Braam se st. 6-hout­werk­pro­jek.

In die por­taal staan ’n les­se­naar uit Ja­na se skool­dae. Oor die af­druk van die skil­de­ry van ’n kaal­been-kap­tein T­ho­mas Lee deur Mar­cus G­heera­erts II lag Car­la net: “Ek en Braam kan vrees­lik kre­a­tief raak ná ’n paar gla­se wyn. Dit was ’n im­pul­sie­we...

Car­la het self die spie­ël op pad na die gas­te­bad­ka­mer (ook links on­der) goud ge­spuit­verf, ’n tref­fen­de kon­tras teen die muur in Plas­con Pol­vin Dark Onyx.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.