’n Lig­ter voor­koms

Ann van Nie­kerk van Lich­ten­burg in Noord­wes skryf Ons sit­ka­mer se mu­re en pla­fon is van hout, wat dit baie don­ker en ou­tyds laat voel. Ek wil dit graag af­wit; hoe doen ek dit?

Tuis - - RAAD -

Die Tuis-self­doen me­de­wer­ker S­hel­ly Berg h

ant­woord Skuur heel eer­ste die be­staan­de af­wer­king af tot jy die rou hout het. Dan stel ek voor jy ge­bruik Har­le­quin Paints Wood­wash in Li­me W­hi­te om die af­ge­wit­te voor­koms te kry.

Ge­bruik ’n kwas en verf twee of d­rie plan­ke pa­ral­lel met me­kaar op ’n slag, en slaan tel­kens ’n paar plan­ke oor om te keer dat jou kwas­ha­le oor­vleu­el en on­oog­li­ke mer­ke ver­oor­saak. Wag tot dit droog is en ver­se­ël dit dan met Har­le­quin Paints se wa­ter­ba­sis De c o­ra­tors Var­nish.

Jy kan ook jou eie meng­sel aan­maak – dis die per­fek­te ma­nier om oor­skiet­verf van an­der pro­jek­te op te ge­bruik! So maak jy: meng een deel wit a­kriel­verf soos Du­lux A­cry­lic PVA of Plas­con Pol­vin met 10 de­le wa­ter. Toets die meng­sel om se­ker te maak dis wit ge­noeg en meng nog verf by in­dien no­dig. Ont­hou, jy gaan nie die­self­de glad­de af­wer­king soos met die Har­le­quin-pro­duk kry nie, want laas­ge­noem­de is soort­ge­lyk aan ’n glan­slaag. Ver­se­ël met ’n wa­ter­ba­sis­ver­nis wat nie ver­geel nie, soos Woodoc Wa­terBor­ne Floor.

An­der­sins kan jy wit a­kriel­verf meng met Plas­con Wa­ter­ba­sed Gla­ze­co­at (een deel a­kriel­verf met 10 de­le glans­verf). Toets weer om se­ker te maak die meng­sel is wit ge­noeg; meng nog verf by in­dien no­dig. Wag tot dit droog is en wend nog ’n laag Gla­ze­co­at aan.

Jy kan ook die hout ’n so­lie­de wit verf p­leks van net af­wit. Skuur die hout lig­gies, wend ’n on­der­laag aan en dan twee lae wit wa­ter­ba­sis-e­mal­je­verf; lig­grys of e­ni­ge an­der pas­tel­kleur sal ook lief­lik lyk!

shel­ly­[email protected] >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.