S­wie­ri­ge de­tail in ’n plaas­styl-huis in die Bo­land

In dié Bo­land­se huis kan jy jou oor­gee aan die skoon­heid.

Tuis - - NEWS - Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

As jy by dié be­koor­li­ke “plaas­huis” bui­te S­tel­len­bosch stil­hou, kan jy jou vir ’n oom­blik mis­gis.

Die U-vorm van die huis, en die werf met sy kei­steen-paad­jies, per­fek ge­ma­ni­kuur­de hei­nings en stok­kie­lek­ker­boom­pies laat dit kom­pleet soos die Fran­se plat­te­land lyk.

Maar kyk jy mooi, is dit on­mis­ken­baar Suid-A­fri­ka: Die Kaap­sHol­land­se ge­wel van die hoof­huis ver­klap dis ’n stuk­kie Bo­land­se pa­ra­dys; so ook die geel­hout- en wil­de­vy­boom ag­ter die huis.

Dis Je­an en Te­re­sa Groe­ne­wald se droom­huis. Ná ja­re in Jo­han­nes­burg het hul­le in 2006 be­sluit om die Goud­stad se stof van hul voe­te af te s­kud en die Ei­ke­stad hul nu­we tuis­te ge­maak.

“Je­an het twee jaar te­vo­re die ge­leent­heid ge­kry om ’n deel van die ge­skied­kun­di­ge plaas Li­ber­tas te koop, waar­van 30 hek­taar in die Pa­trys­vlei-land­goed ont­wik­kel is,” vertel Te­re­sa, ’n oud­ver­pleeg­ster. “Je­an het vier er­we van al­te­saam 15 hek­taar be­kom, en d­rie daar­van ver­koop. El­ke ei­en­dom op die land­goed het sy eie dam, o­lyf­boord en wan­del­paaie, en die nu­we wo­nings moes in­ska­kel by die ge­skie­de­nis van die om­ge­wing en die styl van die Li­ber­tas-op­stal, dees­dae ’n er­fe­nis­ge­bou.

“Ek voel baie be­voor­reg en dank­baar om hier te kan bly,” vertel Te­re­sa. “Die Eer­ste­ri­vier loop voor ons huis ver­by en daar is ’n dam met 50 vo­ël­spe­sies in ons ag­ter­plaas.

“Ver­al die bui­te­ge­boue met hul klip­af­wer­king is vir ons baie spe­si­aal, want al die klip het hier uit die grond ge­kom toe die fon­da­sies ge­gra­we is.” >>

Uit­leg

Je­an het ’n baie spe­si­fie­ke i­dee ge­had van hoe hul nu­we bly­plek moes lyk. Hy en Te­re­sa het ’n paar jaar voor hul­le be­gin bou het in ’n lug­bal­lon oor die Fran­se plat­te­land ge­sweef en hul hart ver­loor op die uit­leg van die klein­hoe­wes wat hul­le daar uit die lug aan­skou het: ’n werf met ’n in­gang of poort wat jou lei na die hoof­huis, en ver­skeie bui­te­ge­boue langs­aan.

Aan­vank­lik het hul­le met ’n ar­gi­tek kop­pe by­me­kaar­ge­sit om iets soort­ge­lyks te prak­seer, maar op die ou end het hul­le self plan­ne op­ge­trek en hul eie ont­werp ge­volg.

“Die kin­ders, Fran­chet­te, Mar­ti­ni­que en Ja­c­ques, was reeds klaar met s­kool en ons wou vir elk­een hul eie kot­huis bui­te bou so­dat hul­le kon kom en gaan soos hul­le wil,” vertel Te­re­sa. “Dis ook i­de­aal wan­neer jou vol­was­se kin­ders trou en daar klein­kin­ders kom – so­doen­de is al­mal steeds by­me­kaar, maar met hul eie leef­ruim­tes.”

Ge­volg­lik het die hoof­huis net twee slaap­ka­mers en is daar twee bui­te­ge­boue met vol­le­di­ge kot­hui­se. Je­an se kan­toor is ook hier: ’n ro­man­tie­se klip­ge­bou links op die werf.

Hoe­wel die bui­te­ge­boue heel­te­mal los van die hoof­huis staan, word dit slim ver­bind deur mid­del van ver­skeie “tuin­ka­mers” wat ge­mak­li­ke vloei tus­sen die on­der­skeie ge­boue ver­se­ker. Te­re­sa het die hulp van die af­ge­tre­de tuin­ont­wer­per Bet­tie Lu­dick in­ge­roep, en hoe­wel dié aan­vank­lik ge­sê het sy sien nie meer kans vir groot pro­jek­te nie, kon sy nie die ver­soe­king weer­staan om so ’n pronk­stuk te help skep nie. “Ons het die pro­jek saam-saam aan­ge­pak,” vertel Te­re­sa. “Dit was so lek­ker en tan­nie Bet­tie noem dit nou haar af­treepro­jek.” >>

Lief­de vir mooi­goed

Te­re­sa be­skryf haar styl as e­klek­ties dog ro­man­ties, met ’n ste­wi­ge do­sis klas­siek Frans – niks ge­stroop, mi­ni­ma­lis­ties en on­per­soon­liks vir haar nie!

Sy wou ’n ge­voel van weel­de in dié huis hê, en het dit reg­ge­kry om ’n fyn ba­lans te skep tus­sen ’n luuk­se wo­ning en ’n plaas­huis waar gas­te al­tyd wel­kom voel.

“Ons het k­lein be­gin. In ons 33 jaar van ge­trou­de le­we het ons al se­we hui­se ge­koop, op­ge­knap en ver­koop,” vertel sy. “Dit ge­beur maar as jou man in die ei­en­doms­be­dryf is. Hy soek al­tyd die swak­ste huis in die bes­te buurt uit en gee dit ’n nu­we baad­jie. Ek glo nie ons sal weer trek nie, maar ’n mens weet nooit!”

Baie van die meu­bels in die huis is nog die­self­de as toe hul­le des­tyds ge­troud is. “My han­de het al baie hout ge­skuur,” lag Te­re­sa. “Ek glo nog al­tyd aan twee­de­hand­se meu­bels koop, verf en re­stou­reer. As jy min geld het, dan moet jy maar net klaar­kom met wat jy het. Dis nou nog vir my lek­ker om self ’n pro­jek aan te pak.”

Daar­om snuf­fel sy ook graag rond by twee­de­hands­win­kels reg­oor die Bo­land tot in die Moe­der­stad: Ko­ö­pe­ra­sie Sto­ries op Si­mon­di­um, On Si­te in The Palms Li­fe­sty­le Cen­t­re in Kaap­stad en Gis­ter op So­mer­set-Wes. “’n Mens sal al­tyd iets daar kry. Ek glo reg­tig dat jy met jou hart moet kies: Koop waar­van jy hou, dit sal ie­wers ’n plek­kie kry,” sê Te­re­sa. >>

Weel­de-wenk Die groot 600 x 600 mm-vloer­te­ëls is met suur ge­was om dit ’n ou, ver­weer­de voor­koms te gee. ’n Mooi or­na­ment on­der ’n glas­koe­pel is al­tyd tref­fend.

Ge­wo­ne klim­op is teen die muur op­ge­lei in ’n es­pa­li­eer-vorm.

Te­re­sa is dol oor krul­werk en dié in die kom­buis is deur Renée de Waal van X­pe­rien­ce­ma­kers ont­werp.

Die tuin aan die ag­ter­kant van die huis is pu­re plaas met ’n groot dam en ’n uit­sig op die Eer­ste­ri­vier en Si­mons­berg. Hier het die plan­te­groei ook ’n “los­ser, vry­er” ge­voel.

Die hout­vloe­re (bo links) is van ei­ke­hout wat met rook be­han­del is om dit plek-plek lig­ter en don­ker­der te maak en so­doen­de ou­er te laat lyk. Te­re­sa ge­bruik graag rooi in haar de­kor, ook in die tuin (links). Sy glo dit gee tref­krag aan e­ni­ge ruim­te.

Stoe­le oor­ge­trek deur Su­pre­me Up­hol­ste­ry

Hout­vloer deur Mark Nel van De Ou­de S­chuur

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.