Op­knap ’n Ou­wê­reld­se huis pronk weer in sy vo­ri­ge glo­rie

Met baie ge­duld het die Van Zyls hul ou­wê­reld­se huis in ere her­stel.

Tuis - - NEWS - Deur Ma­ri­an van Wyk • Fo­to’s Hen­ri­que Wil­ding

JJy het deur­set­tings­ver­moë no­dig wan­neer jy ’n ou huis koop wat van sy ka­rak­ter ge­stroop is. Dít het die Kaap­se bin­ne­ver­sier­der Ly­net­te van Zyl van Res­sour­ce Dé­cor gou-gou be­sef toe sy en haar man, Co­lin, in Ju­lie ver­le­de jaar hul huis in Ob­ser­va­to­ry aan­ge­skaf het.

Die op­knap­pro­jek aan hul lelike eendjie het in Sep­tem­ber be­gin en is on­danks heel­wat uit­da­gings bin­ne ’n maand af­ge­han­del, waar­na hul­le kon in­trek. “Co­lin werk in die ver­se­ke­rings­be­dryf,” vertel Ly­net­te, “maar het ar­gi­tek­tuur ge­stu­deer en is ’n en­toe­si­as­tie­se self­doe­ner. Sy ken­nis van ruim­te en hout­werk het on­ge­loof­lik baie ge­help. Nog ’n plus­punt was dat die hout­vloe­re in ’n per­fek­te toe­stand was.

“Ge­du­ren­de die op­knap het Co­lin by die huis ‘uit­ge­kamp’ ter­wyl ek by my ou­ers ge­bly het. My ar­me man het ’n bors­in­fek­sie ge­kry van al die stof. Hy moes ook vir twee dae ’n toi­let by die kits­kos­re­stau­rant om die draai ge­bruik, want met die uit­kap van al twee bad­ka­mers was hier geen wa­ter­toe­voer óf toi­let nie!”

Die kom­buis

GROOTTE 10,5 m2 Ver­toon­kas­te vir mooi breek­wa­re, slim ruim­te­be­nut­ting en ’n gas­stoof is vir Ly­net­te on­on­der­han­del­baar wan­neer sy ’n kom­buis op­knap. Haar nu­we bly­plek se kom­buis was “erg ver­ve­lig en ge­woon”, vertel sy. “Ek wou ’n Fran­se lan­de­li­ke styl met ’n klas­sie­ke ge­voel skep, maar daar was ver­skeie uit­da­gings.” Die groot­ste pro­bleem was die ag­ter­deur in die mid­del van ’n muur, wat ’n mo­der­ne, funk­si­o­ne­le uit­leg be­moei­lik het. Boon­op het die me­la­mien­kas­te wa­ter­ska­de ge­had.

Ná baie ure se na­vor­sing oor k­lein ruim­tes op Pin­te­rest en ’n va­kan­sie in Pa­rys het Ly­net­te die prent­jie in haar kop ver­fyn tot ’n don­ker­blou, grys, swart en wit pa­let wat die il­lu­sie van ruim­te sou skep. “Ons het ook die ag­ter­deur toe­ge­bou so­dat ons die ruim­te be­ter kon be­nut. Só kon ons meer kas­te en dus ook werk­vlak­ke in­bou, en ont­werp­de­tail soos die ei­ke­hout­kas in­sluit so­dat die ver­trek nie soos ’n skeeps­kom­buis lyk nie.”

Sy is heel in haar nop­pies met die re­sul­taat. “Dis lek­ker om hier te wer­skaf. Ek is ver­al dol oor my gas­stoof, en dank­sy die ver­toon­kas het ek al my breek­wa­re by­der­hand. Hoe­wel die na­tuur­li­ke lig uit­ste­kend is, lyk die ver­trek saans ook on­ge­loof­lik mooi. Hier is goeie taak­be­lig­ting as­ook sag­te at­mos­feer­be­lig­ting wat die ont­werp­de­tail be­klem­toon.

“Nou­dat hier meer werk­vlak­ke is, het ek neer­sit­plek vir spe­si­a­le ver­sa­mel­goed wat her­in­ne­rin­ge te­rug­bring van ons va­kan­sies in Frank­ryk en I­ta­lië.”

In die kom­buis wou Ly­net­te die at­mos­feer van ’n Fran­se bis­tro skep, van­daar die swart stoof en an­tie­ke spie­ël wat bo die stoof as spat­vlak dien. Die kon­tras­te­ren­de pa­let van lig­te en don­ker mu­re en ont­werp­de­tail skep die il­lu­sie van ruim­te.

Die bad­ka­mer

GROOTTE 5 m2 Ly­net­te wou graag die on­ge­rief­li­ke bad­ka­mer met sy ou­tyd­se af­wer­king ook ’n tik­kie Fran­se flair gee. Dis reg langs die kom­buis, soos dik­wels in ou hui­se die ge­val is. “Daar was nie eens ’n was­bak­kas­sie nie,” ver­dui­de­lik sy. Die stort was boon­op ver­son­ke. “Die vloer moes be­slis op een vlak wees.”

Ly­net­te het die stuk muur af­ge­breek wat die stort so be­knop laat voel het, die stort­vloer ge­lig en raam­lo­se glas laat in­stal­leer.

P­leks van te­ëls is hout­pa­ne­le teen die muur ge­ïn­stal­leer wat die Vic­to­ri­aan­se ar­gi­tek­tuur kom­ple­men­teer, as­ook ’n was­bak­kas­sie wat groot ge­noeg is om ’n mooi fo­kus­punt te vorm. Don­ker mu­re skep ’n knus, ont­span­ne at­mos­feer – pre­sies wat Ly­net­te voel ’n bad­ka­mer moet hê. >>

Die Van Zyls het hul ran­de ge­rek deur die oor­spronk­li­ke bad met sy kra­ne, as­ook die ou ko­per­stort­kop en -kra­ne, weer te ge­bruik. Die spie­ël bo die was­bak het sy ja­re ge­le­de twee­de­hands ge­koop en toe ge­verf. Hand­doek van Wey­landts

Wie woon hier? Ly­net­te en Co­lin van Zyl WAAR Ob­ser­va­to­ry, Kaap­stad

Por­se­lein­te­ëls en ko­per­de­tail skep die ge­so­fis­ti­keer­de ge­voel wat Ly­net­te in die bad­ka­mer wou hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.