Ken jou in­drin­gers

Tuis - - TUINDAGBOE­K -

El­ke maand wys ons ’n plant wat as ’n in­drin­ger ver­klaar is. Hou jou oë oop daar­voor in jou tuin en buurt. Wil­de­ta­bak (Ni­co­ti­a­na glau­ca) is ’n im­mer­groen struik of boom­pie met blou­groen leer­ag­ti­ge bla­re (soms met ’n per­se­ri­ge tint) wat tot 6 m hoog kan groei. Buis­vor­mi­ge geel blom­me ver­skyn deur die jaar aan han­gen­de tros­se. Dit dra bruin doos­vrug­te wat die k­lein saad­jies be­vat waar­deur dié plant ver­sprei. In­drin­ger­sta­tus Dis ’n Ka­te­go­rie 1b-in­drin­ger, wat be­te­ken jy kan ver­volg word as dit op jou ei­en­dom groei. Hoe­kom is dit ’n pro­bleem? Die plant ding mee met in­heem­se spe­sies en kan ná ’n oor­stro­ming dig­te bos­se langs wa­ter­lo­pe vorm; dis ver­al ’n pro­bleem in be­wa­re­as soos die Kru­ger­wild­tuin. Die he­le plant is gif­tig vir mak en wil­de die­re. KON­TAK in­va­si­ves.org.za

Wil­de­ta­bak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.