NOEDELSLAA­I MET KLEWERIGE VARK EN PYNAPPEL

Tuis - - SA PORK PROMOSIE - Ge­noeg vir 4

• 15ml ghi (ver­hel­der­de bot­ter) • 5ml o­lie • 3 ont­been­de vark­nek­tjops SOUS • 1 rooi ris­sie, ge­kap • 2 me­di­um­groot rooi en o­ran­je soet­ris­sies, saad ver­wy­der en fyn­ge­sny • 2cm vars gem­mer, ge­skil en ge­kap • 30ml bruin­sui­ker • so­wat 250ml ge­blik­te pyn­ap­pel­stuk­kies in lig­te stroop • 30ml se­sam­o­lie • 15ml vis­sous • lem­me­tjie­sap na smaak SLAAI • 150g ver­mi­cel­li-noe­dels • 2 wor­tels, in lin­te of “noe­dels” ge­sny • ’n hand vol vars ment en ba­si­lie • 1 klein kom­kom­mer, ge­skil en ge­sny • 3 spriet­uie, fyn­ge­kap

1 Kry al die slaai­be­stand­de­le ge­reed: Was en druk die kruie droog, kap die groen­te en week en ver­fris die noe­dels vol­gens die aan­wy­sings op die pak­kie. 2 Ver­hit die ghi en die o­lie tot warm en braai die tjops aan weers­kan­te tot bruin; geur met sout en pe­per. 3 Voeg nou die ris­sie, soet­ris­sies en gem­mer by en braai tot geu­rig. Voeg die bruin­sui­ker, pyn­ap­pel­stuk­ke en stroop by en braai ver­der tot die tjops gaar en die sous kle­we­rig is. Geur met die se­sam­o­lie, vis­sous en lem­me­tjie; so­ja­sous is op­si­o­neel. Ont­hou om te mik vir ba­lans tus­sen die soet en sout geu­re. 4 Laat die vleis ’n mi­nuut of twee rus voor jy dit in sky­fies sny. Pak die slaai­be­stand­de­le op ’n groot dien­bord en rang­skik die vark bo-op. Giet el­ke drup­pel klewerige sous oor en sit da­de­lik voor.

Vark­nek­tjops word nie al­tyd in die vleis­kas­te uit­ge­stal nie. Vra jou slag­ter om dit vir jou te sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.