[ TOP-TIEN]

Tuis - - LESERTUIN -

Toe ons wou weet wat Nic­ky se guns­te­ling­plan­te is, was haar re­ak­sie: “Ek het ge­hoop jul­le gaan my dit nie vra nie; ek is ge­heel en al ver­slaaf!” Sy kon da­rem dié tien uit­son­der: • Pro­te­as, en my ab­so­lu­te guns­te­ling, die groot­sui­ker­kan (Pro­tea cyn­a­roi­des). Ek dink dit is die mooi­ste blom in die wê­reld. • Ro­se. Die ver­skei­den­heid is ein­de­loos en be­hal­we dat dit sul­ke mooi blom­me is, is baie van hul­le ook geu­rig. • Kraan­vo­ël­blom (Stre­lit­zia re­gi­nae). Dié in­heem­se plan­te is waterwys en het sul­ke on­ge­loof­lik e­le­gan­te en kleur­vol­le blom­me. • Pe­tu­ni­as is vro­lik en blom oor­vloe­dig, en daar is so­veel k­leu­re om uit te kies. Ek kan dié blom­me nie weer­staan nie. • Gous­blom­me (Ca­len­du­la of­fi­ci­na­lis) bring vro­lik­heid in ’n win­ter­tuin. Ek maak graag vel­pro­duk­te van hul blom­blaar­tjies. • Geel­hout­bo­me is prag­tig en im­mer­groen. Ek hou ver­al van die geel­groen kleur van die jong bla­re. • Ar­ti­sjok­ke met hul mooi sil­wer­grys bla­re is eet­baar, heer­lik en goed vir ’n mens! Dit het die mooi­ste blou­pers blom­me wat saad­skiet en vir net nog meer plan­te sorg. Ek het net twee plan­te ge­koop en daar is nou se­ker meer as hon­derd in my tuin.

• Ka­mil­le­gras (Ant­he­mis no­bi­lis sin. C­ha­ma­e­me­lum no­bi­le) is waterwys en die geur is be­dwel­mend as jy daar­op lê of loop. Dit het ’n prag­ti­ge lig­groen kleur en ek maak tee van die blom­me. • Aal­wy­ne is baie waterwys. My guns­te­lin­gaal­wyn in die tuin is Aloe mu­ta­bi­lis ‘Mr Hic­key’. Dit het prag­ti­ge blom­me en maak ge­du­rig klein plant­jies. • Nog ’n guns­te­ling is Ca­land­ri­nia spec­ta­bi­lis met sy prag­ti­ge pers blom­me. Maar eint­lik hou ek van e­ni­ge vet­plant! Hul­le is mak­lik om te ver­meer­der, het baie min wa­ter no­dig en blom boon­op.

Dié ban­kie is Nic­ky se guns­te­ling­plek in die tuin, ver­al in die win­ter wan­neer die son oor Ta­fel­berg sak. F­ri­da, die Deen­se hond, T­hu­li en Pip­pa (op Nic­ky se skoot) kui­er graag saam met haar hier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.