Prik­kel die sin­tuie

Tuis - - DEKOR -

’n Lief­de vir die na­tuur was die in­spi­ra­sie ag­ter die aard­se to­ne in Hen­drien Kru­ger se slaapkamer in haar huis in Wa­ter­kloof, P­re­to­ria. Sy wou be­slis ’n ro­man­tie­se ruim­te hê, maar ook iets wat vi­su­eel in­te­res­sant sou wees – van­daar die swart leer langs die bed en staal­raam-boog­deu­re. Die dub­bel­deu­re maak oop op ’n bin­ne­hof in die S­paan­se styl met ’n ver­skei­den­heid geu­ri­ge plan­te in pot­te en ’n kab­be­len­de fon­tein. “Dié slaapkamer prik­kel be­slis die sin­tuie!” sê Hen­drien.

Ferdi Louw (fo­to on­der) van Pul­se In­te­ri­ors het ge­help om die ka­mer in te rig. Hy het sag­te e­le­men­te in­ge­bring, soos ’n groot strooi­kus­sing met ’n Vic­to­ri­aan­se mo­tief wat hy op lin­ne laat druk het vir die oor­trek­sel. ’n Hout­stoel is ge­verf en met ’n ver­weer­de teg­niek ver­sier voor dit met su­e­de ge­stof­feer is. Die po­te van die mar­mer­blad­ta­fel­tjie langs die bed is met ’n ver­guld-teg­niek ver­sier.

Leer en kuns­pels­de­ken van Wey­landts; gor­dy­ne, bed­kas­sie, pot­plant­hou­er, lap op stoel, de­ken en strooi­kus­sing van Pul­se In­te­ri­ors Die kop­stuk het ’n los lin­ne-oor­trek­sel wat met strik­ke aan weers­kan­te vas­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.