Sei­soen van oor­vloed

Tuis - - LESERTUIN -

Een van die herfs se groot­ste ga­wes is bla­re wat val, ’n won­der­li­ke hulp­bron wat tui­niers op ver­skil­len­de ma­nie­re kan in­span: • Strooi dit as dek­laag rond­om strui­ke en bo­me. Die bla­re sal met­ter­tyd ont­bind en die grond ver­ryk. Dit help ook om warm­te en wa­ter in die grond te be­hou en keer dat on­kruid daar groei. Maak se­ker jy strooi nie die bla­re tot teen die stam­me nie – die plant kan ver­rot en vrek. • Vir kom­pos. Voeg om die beurt bruin (droë) en groen (nat) ma­te­ri­aal in die ver­hou­ding twee der­des bruin tot een der­de groen by jou kom­pos­hoop. • Maak blaar­molm. Dis ’n sta­di­ge pro­ses dié – dit kan ’n jaar of lan­ger neem, maar is be­slis die moei­te werd. Hark bla­re by­me­kaar en maak dit nat so­dat dit vin­ni­ger ver­rot. Maak ga­te in ’n swart plas­tiek­sak met ’n vurk, gooi die bla­re daar­in en knoop die sak los­sies toe. Plaas dit in ’n on­op­sig­te­li­ke hoe­kie in die tuin tot­dat dit swart, krum­mel­rig en wel­rie­kend is en ge­bruik dit dan as dek­laag of kom­pos wan­neer jy saai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.