Krui van die maand

Tuis - - LESERTUIN -

Suur­le­moen­tie­mie

Die suur­le­moen­reuk en -geur van dié bos­ag­ti­ge tie­mie maak dit ’n groot guns­te­ling on­der kok­ke, en met sy groen-en-geel loof vorm dit ’n fo­kus­punt in me­ni­ge tuin.

K­week dit so Suur­le­moen­tie­mie is ’n klein struik­ag­ti­ge meer­ja­ri­ge wat tot 30 cm hoog groei; dit dra klein groen­geel bla­re met ’n suur­le­moen­geur, en dof­pers blom­me in die len­te. Die krui hou van vol­son en san­de­ri­ge grond wat goed drei­neer. Dit aard ook baie goed in ’n hou­er. Vir ge­noeg bla­re in die win­ter, hou ’n pot of twee in ’n son­ni­ge, be­skut­te kol, of plant dit in ’n hang­mand­jie vir die stoep.

Ver­skeie soor­te Daar is heel­wat va­ri­ë­tei­te, maar ‘Gol­den’ (’n grond­be­dek­ker), ‘B­res­sing­ham’ (dit dra mas­sas blom­me in die so­mer) en ‘Sil­ver Po­sy’ (groen-en-wit loof) is die uit­blin­kers.

(T­hy­mus x citri­o­do­rus) Wenk van die maand Die tak­kies is baie taai; stroop die bla­re af en voeg dit by jou kos, of gooi die tak­kies net so in en haal dit ag­ter­na uit.

Het jy ge­weet? Tie­mie­tee is prop­vol an­ti­ok­si­dan­te, kan o­me­ga-3-vet­su­re help ver­meer­der en be­vat mi­ne­ra­le en vi­ta­mie­ne wat nood­saak­lik is vir goeie ge­sond­heid.

Al­ge­me­ne pro­ble­me Die plant kan on­net be­gin lyk as dit nie ge­reeld ge­snoei of ge­pluk word nie.

Ge­bruik dit as geur­mid­del by bre­dies en pot­jies, oond­hoen­der (in die vul­sel of on­der die vel), as­ook ge­roos­ter­de of pan­braai-groen­te. Dis heer­lik saam met ge­bak­te salm of fo­rel, en ge­kom­bi­neer met lou­rier­bla­re en pie­ter­sie­lie is dit ’n klas­sie­ke bou­quet gar­ni vir vleis­ge­reg­te en sop­pe wat sta­dig gaar­ge­maak word.

KON­TAK he­alt­hy­li­ving-herbs.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.