Aar­tap­pel­ge­bak met ui­e­bo­laag

Tuis - - HOOFKOS -

Ge­niet dié ryk en lek­ker aar­tap­pel­ge­bak net so, saam met ge­bak­te ei­ers vir ’n luukse ont­byt of as by­ge­reg by ’n ge­sel­li­ge braai. Moe­nie skrik vir die an­sjo­vis nie – die sout­smaak kon­tras­teer heer­lik met die soet ka­ra­mel­uie.

Ge­noeg vir 6 • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 1 uur • Oond­tem­pe­ra­tuur: 200°C

• 30ml o­lyf­o­lie • 2 uie, ge­skil en dun­ge­sny • 3 knof­fel­hui­sies, in sky­fies ge­sny • 4 tak­kies tie­mie, blaar­tjies ge­stroop • 800g Me­di­ter­reen­se aar­tap­pels, ge­skil

• 250ml dub­bel­room • so­wat 16 an­sjo­vis­sies in o­lie, in die leng­te deur­ge­sny • so­wat 100g ka­la­ma­ta-o­ly­we, ont­pit en in sky­fies ge­sny

1 Voor­ver­hit die oond. Ver­hit die o­lie en braai die uie, knof­fel en tie­mie saam tot glan­send. Roer ge­reeld; dit is be­lang­rik dat die uie eers ver­sag voor dit be­gin ka­ra­mel­li­seer. Braai nou nog ’n ruk­kie tot­dat die uie be­gin ver­kleur. Ver­wy­der van die hit­te.

2 Ras­per die aar­tap­pels grof. Vou dit dan toe in ’n va­doek en druk al die vog uit. Sit die aar­tap­pels in ’n meng­bak en meng met die room, sout en pe­per.

3 S­meer nou ’n oond­bak met ’n bie­tjie van die an­sjo­vis-o­lie uit die bot­tel­tjie. S­kep die aar­tap­pel­meng­sel daar­in en druk vas met ’n le­pel. Ver­sprei die uie e­we­re­dig bo-op. Rang­skik die an­sjo­vis­sies in ’n kruis­pa­troon en s­prin­kel die o­ly­we oor. Bak vir 45 mi­nu­te of tot die aar­tap­pels sag en die bo­laag bruin is. Sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.