Bot­ter­skor­sie-en-ui­e­ter­tjies

Tuis - - HOOFKOS -

’n Klas­sie­ke kom­bi­na­sie wat vir my soos die herfs proe.

Ge­noeg vir 6 tert­jies • Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Bak­tyd: 1 uur • Oond­tem­pe­ra­tuur: 200°C

• 1 me­di­um­groot bot­ter­skor­sie • 2 uie, in 1cm dik sky­we ge­sny • 30ml o­lyf­o­lie • neut­mus­kaat • 4 tak­kies tie­mie

• 250g spek­stuk­kies, bros­ge­braai • 3 ei­ers • 250ml room • 400g blaar­deeg, ont­vries • ro­me­ri­ge blou­kaas (op­si­o­neel)

1 Voor­ver­hit die oond. Skil die bot­ter­skor­sie en sny in hap­pie­groot blok­kies. Sit dit saam met die ui­e­sky­we op ’n bak­plaat, be­druip met die o­lie en geur met sout en pe­per en die neut­mus­kaat en tie­mie. Bak vir so­wat 30 mi­nu­te of tot gaar met swart punt­jies o­ral­oor.

2 Rol in­tus­sen die deeg oop op ’n skoon werk­op­per­vlak en sny dit in 6 blok­ke. Voer 6 tert­pan­ne­tjies of hol­tes van ’n reu­se­muf­fin­pan daar­mee uit so­dat die hoe­kies oor­hang, en p­rik met ’n vurk. Plaas ’n vel bak­pa­pier op die bo­dem van el­ke dop­pie en be­dek met ’n laag droë boon­tjies. Bak nou die dop­pies blind vir so­wat 15 mi­nu­te. Haal die pa­pier en boon­tjies uit en bak vir nog 5 mi­nu­te.

3 Ver­deel die gaar groen­te en die spek­stuk­kies tus­sen die tert­dop­pies. Klits die ei­ers en room saam, geur met sout en pe­per en giet ver­sig­tig oor die groen­te in die deeg­dop­pies. Maak se­ker dat die vla nie on­der die deeg in­loop nie. Bak nou vir so­wat 25 mi­nu­te of tot net gaar. S­mul ter­wyl dit nog warm is, met of son­der ge­krum­mel­de blou­kaas vir ek­stra oemf!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.