Diep, dra­ma­tie­se k­leu­re voer die bo­toon in dié Potch-huis

Sy kies die k­leu­re vir haar huis op grond van die e­mo­sies wat dit by haar op­wek, ver­tel dié huis­ei­e­naar oor die plek wat sy en haar man hul “kleur­vol­le won­der­wê­reld” noem.

Tuis - - NEWS - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s El­za Cooper • S­ti­le­ring Su­re­tha Jan­sen van Rens­burg

In 2009 het Co­let­te en Joe de A­breu hul Pot­chef­stroom-huis, wat hul­le met lief­de op­ge­knap het, ver­huur en Dull­stroom toe ver­huis vir werk. Maar ter­wyl hul­le op die plat­te­land ge­woon het, het hul­le erg te­rug­ver­lang na dié ruim huis in Noordwes.

Met hul te­rug­keer drie jaar la­ter het ’n na­re ver­ras­sing op hul­le ge­wag. “Die huis was le­lik af­ge­skeep en daar was nie veel van ’n tuin oor nie,” ont­hou Co­let­te. “Bin­ne was die mu­re ge­verf in ska­ke­rings van koe­ja­wel- of ter­ra­cot­ta-o­ran­je, en bui­te was dit blou en geel!”

Dit was een te veel vir Co­let­te, wat ’n voor­lief­de het vir ryk dog keu­rig ver­sier­de ruim­tes. “Daar­die self­de aand nog na­dat ons te­rug­ge­trek het, om­ring deur ons huis­raad nog in bok­se ge­pak, het ek die in­gang rooi ge­verf net om my ge­moed te lig!” sê sy.

Se­dert­dien het Co­let­te al haar e­ner­gie in die mooi­maak ge­stort – el­ke ver­trek nou­keu­rig be­plan met die oog op ’n knus, e­le­gan­te, kleur­ry­ke toe­vlug. Haar kleur­pa­let is ryk, diep en tref­fend, wat die perfekte ag­ter­grond is vir nog hel­der­der spat­sels kleur in die by­kom­stig­he­de en e­klek­tie­se ver­sa­me­ling ge­raam­de kuns­wer­ke.

“Die k­leu­re in ons huis maak ons ge­luk­kig,” ver­dui­de­lik Co­let­te. “Ek kan speel met verf en kan­se waag met kleur – daar is min din­ge wat vir my lek­ker­der is!” >>

S­pie­ëls en strooi­kus­sings van MRP Ho­me

[ DIE EETKAMER] Die in­gang se ryk pers ska­ke­ring strek tot by die eetkamer daar na­by.

Eet­ka­mer­ta­fel, re­tro-stoe­le en mat van @ho­me; stoe­le in Fran­se styl van Mô­re­dou In­te­ri­ors

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.