Hoe ge­maak met die droog­te?

Tuis - - RAAD -

El­mien Bus­si­ahn van Kaap­stad skryf Dis moei­lik om ons spa­niels skoon te hou met die wa­ter­be­per­kings in die Kaap; e­ni­ge voor­stel­le?

Ca­thi Wie­hahn, hoof­be­stuur­der by a­petsli­fe.co.za, ant­woord Al is dit lek­ker om ons troe­tel­die­re te bad, is dit eint­lik on­no­dig, want hul vel is self­rei­ni­gend. Jy hoef hul­le eint­lik net te bad as daar ’n me­die­se re­de is.

Daar is wel wa­ter­lo­se pro­duk­te be­skik­baar waar­mee jy jou troe­tel­dier vei­lig kan skoon hou, soos BIO-GROOM K­le­an Kit­ty No Rin­se- en Wa­ter­less Bath No Rin­se-sjam­poe, as­ook Pet Pa­trol Dog Groo­m­ing Wi­pes.

Hon­de wat ge­reeld nat word, moet goed af­ge­droog word. Dit kan tot twee dae neem voor hul pels heel­te­mal droog is, en kan daar­om be­gin sleg ruik.

Moet nooit jou hond poei­er nie (ten­sy ’n vee­arts dit voor­skryf). Daar­die poei­er kan die o­lies op hul vel vas­keer en as dié o­lies nie ont­snap nie, kan dit on­ge­mak ver­oor­saak. Jou hond kan hom dan be­gin krap en sy vel be­ska­dig; dit sal die vel nog o­lies laat vry­stel, wat on­wel­rie­ken­de se­re tot ge­volg kan hê.

Bor­sel jou troe­tel­dier ge­reeld – dit help dat die na­tuur­li­ke o­lies e­we­re­dig oor die vel ver­sprei, wat die pels op­knap en ge­sond hou. Dié ver­sor­ging het nie wa­ter no­dig nie en dis die vei­lig­ste en doel­tref­fend­ste ma­nier om jou troe­tel­dier se vel en pels in ’n uit­ste­ken­de toe­stand te hou. Die mees­te troe­tel­die­re ge­niet dit om ge­bor­sel te word om­dat dit die band met hul ei­e­naar ver­sterk en ver­sor­ging na­tuur­li­ke ge­drag is by trop­die­re.

Te mid­de van wa­ter­be­per­kings is ’n gro­ter punt van kom­mer jou troe­tel­dier se toe­gang tot vars wa­ter. Om­dat hul­le nie grys­wa­ter kan drink nie, is dit be­lang­rik dat hul­le al­tyd vars, koel drink­wa­ter het. Sorg vir min­stens 2–3 wa­ter­sta­sies, al­mal op koel, ska­du­ry­ke plek­ke.

KON­TAK a­petsli­fe.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.