Vra vir JJ

Tuis - - CONTENTS -

Ek wil ook een hê!

Dei­d­re John­son van Kuils­ri­vier vra Ek was oor die na­week by ’n fa­mi­lie­lid en het da­de­lik ver­lief ge­raak op dié me­neer in die tuin. Nou wil ek graag weet: Wat­ter soort fi­lo­den­dron is dit dié? En hoe maak ’n mens steg­gies hier­van?

JJ ant­woord Dit lyk soos die ge­wo­ne P­hi­lo­den­dron sel­loum. Jy kan die stam een­vou­dig in stuk­ke van on­ge­veer 150 mm op­sny en plant. Sny eers al­le lang lug­wor­tels af wat in die pad is. Plant dit dan deur die stam­me op hul sy te laat lê en half­pad met grond te be­dek.

Dié in­sek gee my grys ha­re!

An­net­te van Vuur­en vra Ek is op soek na raad met dié in­sek wat in klos­se op my roos­knop­pe en bla­re sit.

JJ ant­woord Dit lyk soos ’n ti­pe per­de­by. Ge­luk­kig doen hul­le nie juis ska­de aan jou ro­se nie, maar in­dien jy daar­van ont­slae wil raak, kan jy dit spuit met iets soos A­vi­guard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.