Met ’n skil­der se oog

Tuis - - BOME -

Plan­te van ver­skil­len­de kleu­re, teks­tu­re en vorms kan in die tuin in­ge­span word net soos ’n skil­der met verf op ’n skil­der­doek te werk gaan deur kleu­re te kom­bi­neer en te meng om ver­skil­len­de buie te skep.

’n Le­wen­di­ge bui Rooi is ’n sti­mu­le­ren­de kleur wat na jou toe uit­spring; dis per­fek om die aan­dag op ’n in­gang te ves­tig, vir ’n trap of vir ’n fo­kus­punt. Rooi kan óf ’n di­na­mie­se, op­win­den­de kleur óf warm en aan­lok­lik wees. ’n Vro­li­ke bui Geel is ’n ge­luk­ki­ge kleur; dit straal son­skyn uit en bring lig en le­wens­krag by ’n tuin in. Maak dit die hoof­kleur in ’n kleur­ske­ma of gee dit ’n se­kon­dê­re rol in ’n bed­ding­rand; an­ker ’n pas­tel kleur­ske­ma daar­mee of span dit in as ak­sent­kleur. Geel hel­der ook don­ker plek­ke op. ’n Sag­moe­di­ge bui Wa­si­ge blou en mau­ve is on­mis­baar in ’n kuns­te­naar se pa­let en waar­de­vol­le kleu­re in die tuin. Dit het ’n kal­me­ren­de en vreed­sa­me ef­fek, en verskaf ska­du­wees en diep­te. Deur­weef deur an­der kleu­re is dit kal­me­rend en help dit vi­su­e­le sa­me­ho­rig­heid skep. ’n Kalm bui Groen is ’n rus­ti­ge, koel, kal­me­ren­de kleur. Tal­le strui­ke en va­rings in ver­skil­len­de vorms en teks­tu­re spog in wis­se­len­de ska­ke­rings van groen. Wan­neer don­ker­der ska­ke­rings met lig­te­res ge­kom­bi­neer word, skep dit pa­tro­ne van lig en ska­du. ’n Ont­span­ne bui Nie net is pas­tel ska­ke­rings sag op die oog nie, dis rus­tig en sal ’n lief­li­ke prent­jie skep by die in­gang van jou huis. Dit ver­leen ’n ont­span­ne, op­ge­ruim­de at­mos­feer aan ’n tuin. ’n Ge­sel­li­ge bui O­ran­je is die eks­tro­vert van die blom­me­wê­reld, ’n fees­te­li­ke kleur vol e­ner­gie en op­win­ding. Teen vol­le sterk­te tref dit die oog en is dit warm en ver­wel­ko­mend na­by bui­te-kui­e­r­a­re­as. Per­ske, nar­tjie en ver­mil­joen – al­mal ska­ke­rings van o­ran­je – is op­win­den­de moont­lik­he­de vir bui­te­deu­re, -mu­re, -hek­ke en -meu­bels. >>

A­ga­pant

Dick­so­nia an­tarcti­ca

Vals­jas­myn

Kan­na­bas

Pen­tas

Kan­fer­foe­lie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.