Lud­wig se roos­hoe­kie

Lud­wig Tas­ch­ner gee raad oor hoe om blaas­poot­jie hok te slaan.

Tuis - - BOME -

V: Ver­le­de jaar het heel­par­ty van die nu­we lo­te op my ‘Graaff-Rei­net’-ro­se klein, op­ge­krul­de bla­re ge­dra. Die en­ke­le blom­me wat wel oop­ge­maak het, was ook mis­vorm. Ek het ge­spuit, maar niks lyk of dit werk nie. Is die oor­saak ’n in­sek of ’n vi­rus?

Jou roos is aan­ge­tas deur die blaas­poot­jie, wat land­wyd ’n erns­ti­ge pro­bleem ge­word het. Die piep­klein lar­wes kruip on­der die bla­re weg waar dit moei­lik is om hul­le te be­reik wan­neer jy ge­woon­weg spuit. Die doel­tref­fend­ste op­los­sing is om Koi­nor, ’n lang­du­ri­ge grond-deur­week­mid­del, toe te dien. Au­gus­tus is die bes­te tyd om dit te doen en dit be­hoort so­wat ses maan­de te werk voor jy die be­han­de­ling hoef te her­haal. Volg die do­seer-aan­wy­sings op die pam­flet.

V: Ek het ’n groot ‘Ar­tis­ta Pa­na­ro­sa’struik­roos wat net aan die pun­te van die ste­le blom. Ek het dit nog nie ge­snoei nie, want ek weet nie wat om daar­mee te doen nie. Wat­ter raad het jy vir my?

Dié va­ri­ë­teit re­a­geer goed op ’n s­noei of goeie weg­sny en blom ag­ter­na mooi. As al­ter­na­tief kan jy pro­beer om die roos te “buig”; dit sal ’n fo­kus­punt van die roos maak en aan­moe­dig om al langs die steel te blom. Só maak jy: Kap pen­ne in die grond reg rond­om die struik en maak die punt van el­ke lang loot aan ’n pen vas. Die lo­te sal dan meer ho­ri­son­taal groei pleks van boon­toe; dit sal al die o­gies langs die steel ak­ti­veer, wat dan in nu­we blom­lo­te sal ont­wik­kel.

‘Graaff-Rei­net’

‘Ar­tis­ta Pa­na­ro­sa’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.