Bief-en-gort­sop

Tuis - - LANGSAAM -

My skoon­pa, wy­le Mal­colm “Moo­se” Neil­son, kon gort­sop kook vir ’n weer­mag. Dit was al­tyd dik, geu­rig en o, so ver­troos­tend. Die he­le fa­mi­lie moes kom saam­eet en daar was al­tyd ge­noeg vir saam­neem huis toe; dis eint­lik nog be­ter die vol­gen­de dag.

Ge­noeg vir ’n baie groot pot vol Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: som­mer ’n he­le dag

• 1kg bees­be­ne met vleis aan

• 45ml s­ri­ra­cha­sous of ta­ma­tie­pas­ta

• 3 knof­fel­hui­sies • 1 ui, in kwar­te ge­sny

• 2 lou­rier­bla­re

• 15ml o­lyf­o­lie

• 250g (½ pak­kie) droë split­ert­jies

• 250g (½ pak­kie) droë sop­meng­sel

• 2 groot wor­tels, ge­skil en ge­kap

• 2 wit­wor­tels, ge­skil en ge­kap

• 1 bos­sie sop­sel­de­ry, bla­re en al ge­kap

• 1 bos­sie plat­blaar­pie­ter­sie­lie, ge­kap

• 1 bos­sie ra­pe, ge­skil en ge­kap

• 4 groot preie, ge­kap

• so­wat 4 li­ter bees­vleis­af­trek­sel

• bros spek vir voor­sit

1 Die eer­ste stap is op­si­o­neel, maar ek is mal oor die geur wat dit verskaf. Meng die be­ne, s­ri­ra­cha­sous, knof­fel, ui, lou­rier­bla­re en o­lie en roos­ter dit in ’n oond­pan on­der ’n voor­ver­hit­te roos­ter­e­le­ment tot goed bruin.

2 Skep die in­houd van die oond­pan in ’n groot pot en voeg die res van die be­stand­de­le, be­hal­we die spek, by. Bring tot kook­punt en draai die hit­te af tot die pot net lig­gies bor­rel. Laat prut nou sta­dig vir ’n paar uur tot dik en geu­rig. Skep deur­gaans e­ni­ge skuim af wat op die op­per­vlak ver­skyn. Geur na smaak met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Sit voor met die stuk­kies bros spek. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.