Ker­rie­lam­s­tjops met klap­per­rys

Tuis - - LANGSAAM -

Die in­spi­ra­sie vir dié ker­rie is Ro­gan Josh, ’n rooi ker­rie wat eer­der geu­rig as sterk is. Be­sluit self hoe­veel byt jy wil by­voeg.

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 1 uur 20 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180°C

• 15ml o­lie • 8 lams­len­de­tjops, met die been • 1 groot ui, ge­sny • 4 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 1 duim vars bor­rie­wor­tel, ge­skil en ge­ras­per • 1 duim vars gem­mer, ge­skil en ge­ras­per • 6 ker­rie­bla­re • 8 ba­ba-ei­er­vrug­gies, ge­hal­veer • 1 blik heel ta­ma­ties • 250ml lams­vleis­af­trek­sel • 15ml ga­ram ma­sa­la • 125ml on­ge­geur­de jo­gurt • 125ml vars kol­jan­der, grof­ge­kap SPESERYMEN­GSEL • 5ml ko­myn­saad • 5ml kol­jan­der­saad • 5ml ris­sie­poei­er • 1 ka­neel­stok­kie • 15ml vin­kel­saad

• 4 na­el­tjies • 5ml swart­pe­per­kor­rels • 3ml fyn kar­de­mom K­LE­WE­RI­GE KLAP­PER­RYS • 250ml jas­myn­rys • 5ml sout • 30ml klap­per­skaaf­sels • 3 kar­de­mom­peu­le, ge­kneus

1 S­tamp al die be­stand­de­le vir die speserymen­gsel saam fyn in ’n vy­sel. Vryf die vleis daar­mee in en geur met sout na smaak. 2 Ver­hit die o­lie en braai die tjops tot goud­bruin o­ral­oor. Skep in ’n oond­vas­te bak en braai die ui, knof­fel, bor­rie en gem­mer saam tot geu­rig. Skep saam met die ker­rie­bla­re, ei­er­vrug­gies, ta­ma­ties en af­trek­sel by die lam, be­dek en sit dit in die oond vir so­wat 1 uur en 20 mi­nu­te. 3 Maak die klap­per­rys Bring 1,25 li­ter wa­ter tot kook­punt. Voeg die rys, sout, klap­per en kar­de­mom by en stel die hit­te la­er. Laat prut on­be­dek vir so­wat 10–14 mi­nu­te of tot al die wa­ter ge­ab­sor­beer en die rys al den­te is. Draai die hit­te af, be­dek en laat stoom vir nog so­wat 5 mi­nu­te. 4 Haal die ker­rie uit die oond, roer die ga­ram ma­sa­la en jo­gurt deur en ver­hit tot deur­warm. Proe vir sout en pe­per en strooi die vars kol­jan­der oor. Sit voor met die klap­per­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.