Ro­me­ri­ge hoen­der­sop

Tuis - - LANGSAAM -

On­der R120 • Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te

• 30ml elk bot­ter en o­lyf­o­lie • 1 groot ui, ge­kap • 2 sel­de­ry­stin­gels, ge­kap • 2 wor­tels, ge­skil en ge­kap • 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 45ml meel • 250ml room

• 1 li­ter af­trek­sel • 4 aar­tap­pels, grof­ge­ras­per • 350ml ge­pluis­de roos­ter­hoen­der • 250ml be­vro­re ert­jies • ge­kap­te plat­blaar­pie­ter­sie­lie en suur­le­moen­sap (op­si­o­neel)

1 Smelt die bot­ter en o­lyf­o­lie saam in ’n groot ka­strol oor ma­ti­ge hit­te en roer­braai die ui, sel­de­ry, wor­tel en knof­fel saam tot glan­send en geu­rig. Roer die meel by en braai vir ’n mi­nuut of twee saam. K­lits die room by met ’n bal­lonk­lit­ser, ge­volg deur die af­trek­sel. Voeg laas­tens die aar­tap­pel by en laat prut sta­dig vir so­wat 20 mi­nu­te of tot die aar­tap­pel gaar en die sop dik is.

2 Roer die geu­ri­ge, gaar hoen­der­flen­ters en die ert­jies by, geur met sout en pe­per na smaak en ver­hit tot deur­warm. Die sop is reg om voor te sit, maar voeg ge­rus pie­ter­sie­lie en suur­le­moen­sap by vir ek­stra geur. Ver­dun in­dien no­dig.

Wenk Skep die sto­men­de sop in oond­vas­te sop­bak­kies en be­dek die bak­kies met blaar­deeg soos vir ’n pas­tei (ont­hou ’n stoom­gaat­jie in elk­een). Verf met ge­klits­te ei­er en bak in ’n voor­ver­hit­te oond teen 190 °C vir so­wat 30 mi­nu­te of tot die deeg op­ge­pof en goud­bruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.