Zoe­loes­poor­sa­lie

Tuis - - TUIN -

Plant­gids

Half- tot vol­ska­du­wee Ryp­ge­voe­lig Ge­mid­del­de wa­ter­be­hoef­tes Groei tot so­wat 2 m hoog Blom van die len­te tot in die win­ter

(P­lec­trant­hus zu­lu­en­sis)

Dié in­heem­se struik met sy prag­ti­ge blou blom­me is per­fek vir ’n ska­du­kol. Dit groei mak­lik en vin­nig en blom vir lang tye van die len­te tot in die win­ter. In die herfs is dit op sy mooiste.

Plant dié spoor­sa­lie in kom­pos­ry­ke grond wat goed drei­neer. Dit het min wa­ter no­dig as dit eers ge­ves­tig is, maar gee meer wa­ter in die so­mer, die groei­sei­soen. S­noei ná blom­tyd om van dooie hout ont­slae te raak. Dit kan ook as ’n net­jies ge­snoei­de hei­ning­plant ge­kweek word; s­noei dan meer ge­reeld om die vorm te be­hou.

Zoe­loes­poor­sa­lie groei baie mak­lik van steg­gies, wat e­ni­ge tyd van die jaar ge­maak kan word. Vir die bes­te re­sul­ta­te, doen dit in die len­te en vroeë so­mer. Dit lyk ook mooi in ’n pot op ’n ska­du­ry­ke stoep. Pluk dié de­li­ka­te blou blom­me vir jou huis – hul­le hou lank in ’n blom­pot. As jy die tak­kies lank ge­noeg in wa­ter hou, sal hul­le be­gin wor­tels vorm. Plant dit uit in jou tuin. Dié struik aard goed in war­mer, ryp­vrye tui­ne. Plant dit saam met bos­le­lies (C­li­via mi­ni­a­ta) vir ’n tref­fen­de ver­to­ning. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.