Vro­lik en son­nig

Tuis - - STOEPE -

Vir die Humans was dit be­lang­rik om ’n stoep te hê waar hul­le kon braai en kui­er, maak nie saak wat die weer of wind doen nie. “Ons lééf op ons stoep en dit is reg­tig die hart van ons huis,” ver­tel Ka­ra. “Dis hier waar ons lees, die kin­ders hul huis­werk doen, waar ons el­ke dag eet, pizza maak, ‘gin en to­ni­cs’ drink, bord­spe­le­tjies speel en kui­er.”

Hoe­wel die L-vor­mi­ge stoep daar was toe hul­le die huis ge­koop het, het hul­le die uit­leg ver­be­ter deur ’n kroeg, braai en piz­za­oond aan te bou. Dis i­de­aal, want die kom­buis en leef­a­rea loop uit op die stoep.

Die stoep is oop, maar as dit te win­de­rig of re­ë­ne­rig is, help rol­blin­dings om hul­le teen die e­le­men­te te be­skut. “In die so­mer ook om die woes­te Dur­ban­se son uit te hou,” ver­dui­de­lik Ka­ra. ’n Plat dak en ’n Ce­m­cre­te­vloer pas per­fek by die on­op­ge­smuk­te Suid­kus-voor­koms. Die grys ban­ke skep die per­fek­te ag­ter­grond vir vro­li­ke kus­sings, ter­wyl ’n gras­mat by die na­tuur­li­ke, in­for­me­le styl pas.

Rol­blin­dings van Storm B­linds; ban­ke, mat en hanglig­te van MRP Ho­me; kus­sings oor­ge­trek met lap van Her­tex en De­sign Te­am

WIE WOON HIER? An­dré en Ka­ra Hu­man en haar kin­ders, Ky­le (10) en An­ri (8) WAAR Dur­ban GROOT­TE 45 m² ORIËNTASIE Noord­oos

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.