Raad­op

Tuis - - RAAD -

Ant­hea For­tuin van Mos­sel­baai skryf Ek is ge­luk­kig met my kom­buis se ba­sie­se uit­leg en die kas-kar­kas­se is nog in ’n goeie toe­stand. Hoe kan ek die ver­trek ver­nu­we son­der om te bou of te breek?

Andrew Mil­ne van U­can ant­woord Jy kan ’n groot ver­skil be­werk­stel­lig en die voor­koms ver­an­der deur net kleur en teks­tuur te ge­bruik. Hier’s ’n paar op­sies: Verf jou kas­te Daar is ’n mag­dom verf­pro­duk­te op die mark – van spuit­verf tot kryt­verf. Só kan jy met die mi­ni­mum moei­te ’n da­de­lik sig­ba­re ver­skil maak.

Ver­vang jou deu­re In­dien jy te­vre­de is met jou kar­kas­se se kleur, kan jy bloot deur­tjies met ’n nu­we ont­werp kies. In­dien jy op dié op­sie be­sluit, moet jy 100% se­ker maak dat jou kar­kas­se in ’n goeie toe­stand is. Kies Eu­ro-skroe­we om die skar­nier­plaat te heg – dit sal keer dat die skar­nier los­kom. Skroef die nu­we skar­nier ook op ’n an­der p­lek as die oue vas. Haal ’n paar deu­re af Skep fo­kus­pun­te in jou kom­buis deur van die so­lie­de kas­deu­re te ver­vang met glas, lat­werk of maas­draad; an­ders kan jy par­ty in ’n an­der kleur verf met kryt­verf. Pas jou laaie aan Jy kan by­voor­beeld ’n ge­wo­ne kas met laaie om­skep in een met rot­tang­mand­jies. Dit sal ton­ne teks­tuur by­voeg en nut­ti­ge bê­re­plek ver­skaf.

Voeg een­he­de by Af­han­gend van jou be­skik­ba­re ruim­te kan jy e­le­men­te by­voeg: Oop rak­ke is nut­tig om mooi­goed uit te stal; ’n ei­land met kom­buis­stoe­le rond­om is ’n gesellige kui­er­plek en met laaie daar­in wen jy heel­wat bê­re­spa­sie.

Ver­vang jou werk­blaaie Daar is ’n mag­dom op­sies, van For­mi­ca en hout tot gra­niet en saam­ge­stel­de klip. Met ’n knap be­gro­ting is For­mi­ca jou bes­te keu­se.

Koop nu­we toe­stel­le As jou sak dit toe­laat, kan jy die voor­koms ver­an­der met ’n nu­we stoof, ys­kas, selfs mi­kro­golf­oond of kof­fie­ma­sjien (mits jou be­staan­de wa­ter- en krag­aan­slui­tings dit toe­laat).

Pas jou be­lig­ting aan Maak se­ker jou be­lig­ting is ge­skik vir wat jy in die kom­buis wil doen: Gesonke lig­te on­der bo-kas­te voor­sien taak­be­lig­ting op jou werk­blaaie, ter­wyl ’n hang­lamp bo ’n ta­fel of ei­land at­mos­feer skep ty­dens e­tes.

Ont­hou jou mu­re ’n Vars verf­laag, nu­we te­ëls of ’n by­der­wet­se spat­pa­neel sal da­de­lik ’n ver­skil maak aan hoe jou kom­buis lyk. Ver­se­ël al­tyd die naat tus­sen jou werk­blaaie en die muur met si­li­koon om te keer dat nat­tig­heid of vui­lis ag­ter jou kas­te be­land.

Ver­fris jou vloe­re Nu­we vloe­re sal die he­le ver­trek op­kik­ker. Oor­weeg ’n mat op plek­ke met hoë voet­ver­keer om die af­wer­king ’n lan­ger leef­tyd te gee. Ver­se­ël in dié ge­val die naat tus­sen jou skop­pla­te en die vloer met si­li­koon. KON­TAK u­can­doit.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.