Blou­sy­sel­bos

Tuis - - TUIN -

(Plum­ba­go au­ri­cu­la­ta)

Met ’n blou­sy­sel­bos in jou tuin is jy ver­se­ker van ’n groot klomp blou blom­me! Blom­me wis­sel van poei­er­blou tot ’n die­per blou. As die struik nie blom wan­neer jy dit koop nie, vra jou kwe­ker wat­ter ska­ke­ring van blou dit is as jy ’n spe­si­fie­ke een wil hê.

Dié in­heem­se plant aard in feit­li­ke e­ni­ge ti­pe grond en kan as groot struik of hei­ning­plant ge­bruik word. Dit het min wa­ter no­dig as dit eers ge­ves­tig is en sal die he­le so­mer lank blom­me dra. Sny hard te­rug in die win­ter om dit in toom te hou. Son­der s­noei raak die struik baie groot en on­net. Blou­sy­sel­bos is nie ’n goeie pluk­blom nie; los dit aan die bos en ge­niet dit in jou tuin.

Plant­gids

Vol­son Re­de­lik ryp­be­stand Wa­ter­wys Groei 3m hoog en wyd Blom in die so­mer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.