Sout­ka­ra­mel­tert

Tuis - - YSKASTERT -

Ons maak ’n kort­pad­kors met bros­brood­koe­kies wat am­per smaak soos reg­te bros­deeg, maar son­der die moei­te. Ge­noeg vir een 12 x 34cm-tert Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te, plus stol­tyd

• 200g bros­brood­koe­kies, ge­krum­mel

• 70g bot­ter, ge­smelt VUL­SEL

• 80g glad­de grond­boon­tjie­bot­ter

• 100g melk­sjo­ko­la­de, ge­smelt

• 125ml room

• 200g don­ker­sjo­ko­la­de, ge­ras­per

• 1 blik ka­ra­mel

• 5ml rum

• ’n knip­pie sout­vlok­kies BO­LAAG Grond­boon­tjie­kraak­lek­kers en/ of pie­sangsky­fies, ment­blaar­tjies, sjo­ko­la­de­bal­le­tjies en ge­klop­te room

1 Meng die koe­kie­krum­mels en bot­ter en voer ’n lang­wer­pi­ge los­boom-tert­pan daar­mee uit so­dat dit ’n dun kors vorm. Bak vir 5 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond teen 180 °C om ’n bros re­sul­taat te ver­se­ker; laat dit dan ef­fens af­koel.

2 Meng die grond­boon­tjie­bot­ter en melk­sjo­ko­la­de en smeer dit oor die be­rei­de kors. Ver­hit die room in ’n klein ka­strol tot dit net kook en giet dit oor die ge­ras­per­de sjo­ko­la­de. Roer tot al die sjo­ko­la­de ge­smelt het en die meng­sel glad is. K­lits nou saam met die ka­ra­mel, rum en sout tot ge­meng en skep bo-op die grond­boon­tjielaag. Laat staan tot ge­stol.

3 Ver­sier nou na har­te­lus met sker­we grond­boon­tjie­kraak­lek­ker, le­pels vol dik room, pie­sangsky­fies, ment­blaar­tjies en sjo­ko­la­de­bal­le­tjies. Ons het met ’n klein koe­kie­druk­ker blom­me­tjies uit die pie­sangsky­fies ge­druk. Ont­hou om die pie­sang met suur­le­moen­sap te be­druip so­dat dit nie ver­kleur nie. Smul da­de­lik voor­dat die room s­melt!

Om te smul, ver­al aan soet­goed, is lyn­reg in stryd met die re­ël dat ’n mens eet om te oor­leef. Dit gaan oor kos as ’n uit­druk­king van oor­vloed, oor­daad en uit­bun­di­ge weel­de. – Ni­gel­la Law­son, Fe­ast

Ba­sie­se suur­le­moen­kaas­koek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.