Kos is op die ta­fel

Vier mak­li­ke, geu­ri­ge aand­e­tes.

Tuis - - KORTPADKOS -

Gnoc­chi met en­gel­vis en ert­jie­pes­to

On­der R125 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 300ml be­vro­re ert­jies, ont­vries

• ’n hand vol vars ba­si­lie of 30ml ba­si­lie­pes­to

• 250g me­di­um­vet-room­kaas

• sap en ge­ras­per­de s­kil van

1 suur­le­moen (of na smaak)

• so­wat 500g gnoc­chi

• 15ml elk o­lie en bot­ter

• 4 por­sies en­gel­vis­fi­let, droog­ge­druk

1 Giet kook­wa­ter oor die ert­jies en laat dit stoom vir 5 mi­nu­te of tot net sag. Drei­neer en meng met die kruie, room­kaas en suur­le­moen­sap en -s­kil. Pols met ’n staaf­men­ger tot ’n grow­we pes­to en geur na smaak met sout en pe­per.

2 Kook die gnoc­chi in sout­wa­ter tot­dat die hap­pies dryf (volg die aan­wy­sings op die pak­kie), skep met ’n gaat­jies­le­pel uit die wa­ter en meng warm met die ert­jie­pes­to.

3 Ter­wyl die gnoc­chi kook, ver­hit die o­lie en bot­ter saam tot ge­smelt en braai die vis tot net gaar – en­gel­vis­fi­let­te is ge­woon­lik maar dun, so hou fyn dop dat dit nie oor­gaar braai nie. Sit die vis en gnoc­chi saam voor met ek­stra suur­le­moen­wig­gies en, as jy wil, ’n strooi­sel mi­kro­kruie vir teks­tuur.

Hoen­der­le­wer-en-cho­ri­zo-slaai

On­der R130 • Ge­noeg vir 4 ruim por­sies Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

• 15ml o­lyf­o­lie

• 200g dun cho­ri­zo- of sa­la­misky­fies

• so­wat 350g hoen­der­le­wer­tjies, skoon­ge­maak en in blok­kies ge­sny

• 200g ker­sie­ta­ma­ties

• 45ml bal­se­miek­a­syn

• 125 g bros blaar­slaai, goed af­ge­spoel

• ’n hand vol wor­tel- of bot­ter­skor­sie­lin­te

• 1 ryp a­vo­ka­do, in blok­kies ge­sny

• 1 klein rooi ui, ge­sny

• groot knof­fel-crou­tons vir voor­sit

1 Ver­hit die o­lie en braai die cho­ri­zo tot bros. Skep uit en be­hou die geu­ri­ge o­lie. Braai nou die hoen­der­le­wer­tjies daar­in oor hoë hit­te tot goud­bruin aan die bui­te­kant en nog net-net pienk bin­ne. Geur met sout en pe­per, skep uit by die cho­ri­zo en ver­hit die ta­ma­ties en a­syn saam in die­self­de pan.

2 Rang­skik die bla­re, wor­tel, a­vo­ka­do, ui, cho­ri­zo en hoen­der­le­wer­tjies in ’n mooi bak en sprin­kel die ta­ma­ties en a­syn­sou­sie bo-oor. Sit da­de­lik voor met die crou­tons en ek­stra a­syn na smaak. Wenk

Pleks van crou­tons kan jy die slaai in sag­te brood­rol­le­tjies voor­sit – dis ook meer vul­lend.

Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.