Vark­wor­sies met ap­pel

Tuis - - KORTPADKOS -

On­der R95 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 25 mi­nu­te

• so­wat 80ml bot­ter

• 3 wor­tels, ge­skil en in blok­kies ge­sny

• 3ml fyn ko­myn

• 1–2 pa­tats, ge­skil en in blok­kies ge­sny

• 15ml o­lie

• 8–12 vars vark­wor­sies met kruie

• 2 mid­del­groot ferm ap­pels

• 8 re­pe spek

1 Ver­hit ’n klont­jie van die bot­ter in ’n klein ka­strol en braai die wor­tels en ko­myn saam tot geu­rig. Voeg die pa­tat by en be­dek net-net met wa­ter. Bring tot kook­punt en laat prut tot­dat die groen­te gaar en sag is. Gooi e­ni­ge oor­tol­li­ge kook­vloei­stof af en hou dit een­kant. Roer die res van die bot­ter by die groen­te, geur met sout en pe­per en maak fyn met ’n aar­tap­pel­druk­ker tot ’n grow­we ka­pok. Voeg van die be­houe vloei­stof by as die ka­pok te styf is.

2 Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die wor­sies tot o­ral­oor bruin. Sny die ap­pels in kwar­te en ver­wy­der die pit­te. S­kil as jy wil en draai ’n reep spek om elk­een. Braai nou ver­sig­tig saam met die wor­sies tot lek­ker bruin. Voeg ’n skeut wa­ter by die in­houd van die pan om te keer dat dit aan­brand, sit die dek­sel op en laat stoom vir ’n paar mi­nu­te tot­dat die ap­pels net sag en die wor­sies deur­gaar is. Sit voor met die ka­pok en ’n vars slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.