He­mel op aar­de

Tuis - - LESERHUIS -

Met die be­sluit ge­neem dat hul­le nie meer op S­til­baai gaan bou nie, het Se­ri­na en Eu­ge­ne die plat­te­land na­by Kaap­stad be­gin on­der­soek – van Tul­bagh en Rie­beek-Kas­teel tot strand­plek­ke langs die Wes­kus.

Op die ou end was dit On­rus se melk­hout­bo­me wat hul­le op dié dorp laat be­sluit het. “Dit is nog ’n ou­wê­reld­se dor­pie,” ver­tel Se­ri­na. “Dis boon­op net 5 mi­nu­te se ry van Her­ma­nus af met sy le­wen­di­ge toe­ris­te­be­dryf. En hier sien jy die mooi­ste na­tuur­to­ne­le, van wal­vis­se wat kalf tot dol­fy­ne wat saam met die bran­der­plank­ry­ers swem.

“Die na­tuur by On­rus­ri­vier is ook on­ge­loof­lik mooi met die prag­ti­ge Ba­bi­lon­sto­ring­berg en stap­roe­tes, as­ook ’n see­wan­del­pad tot by Her­ma­nus – reg­tig ’n stuk­kie he­mel op aar­de.”

Ek het ’n ding vir ’n lang ta­fel. Vir my is ’n ta­fel die hart van die huis. – Se­ri­na

Die braai­plek is laag ge­noeg dat dit op koue aan­de ook as kag­gel in­ge­span kan word. Eu­ge­ne het die ag­ter­kant van dié kos­kas la­er ge­maak om on­der die ven­ster reg langs die braai­kag­gel in te pas. Hy het ’n was­bak in­ge­sit en aan warm en koue wa­ter ge­kop­pel – nou is dit funk­si­o­neel én iets vir die oog. S­ta­pel­deu­re uit die sit­ka­mer en leef­a­re­as bo maak oop op ’n stoep met ’n lief­li­ke see-uit­sig, wat met ge­mak tot veer­tig men­se op ’n slag huis­ves. Trap­pies lei jou af na die grond­vlak bui­te. Vloer af­ge­vlak met Ce­m­cre­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.