Fa­mi­lie en vrien­de

Tuis - - LESERHUIS -

Oor die ja­re was die M­cDo­nalds se huis nie net ’n dak oor hul kin­ders se kop­pe nie, maar ook ’n heen­ko­me vir fa­mi­lie­le­de en vrien­de in nood – en soms selfs vreem­de­lin­ge, al is dit net vir ’n maal­tyd. “Ons is so ge­se­ën; ek help waar ek kan,” sê Kathy. “Ek kan nie eens ont­hou hoe­veel keer ek al ’n be­hoef­ti­ge per­soon langs die pad op­ge­tel het nie – my man spot daar­oor, maar hy’s be­kom­merd oor my vei­lig­heid. Ek het al ver­neem hul­le bid in die kerk om my be­sker­ming!”

Toe hul drie kin­ders – Earl, Car­men en Can­di­ce – uit die huis is, het E­ric voor­ge­stel dis dalk tyd dat hul­le na ’n klei­ner p­lek­kie trek. “Maar ek het my voet d­wars ge­sit en ge­sê: ‘Nee, my klein­kin­ders is nog op pad!’ ” sê Kathy lag­gend.

Dub­bel­deu­re wat op ’n ska­du­hoe­kie langs die huis oop­maak, bring koel lug in die eet­ka­mer. Mat­te, kus­sing (links) en ko­per­plant­hou­ers van MRP Ho­me; strooi­kus­sing (regs) van Haus; ko­per­lan­terns van Big­gie Be­st

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.