Goue vrug­te­pons

Tuis - - LESERHUIS -

Kathy-hul­le maak graag ’n be­vro­re pons­bak wat hul­le deur die loop van die dag op­vul met sap en li­mo­na­de. Op dié ma­nier hou die la­fe­nis die he­le dag lank.

1 Neem ’n groot meng­bak wat in jou vries­kas en jou mooi­ste glas-pons­bak pas, en ’n klei­ner een wat bin­ne-in pas.

2 Rang­skik sky­fies si­trus, bes­sies en eet­ba­re blom­me­tjies en kruie soos ment om die bin­ne­rand van die gro­ter bak. Sit ’n paar ys­blok­kies op die groot bak se bo­dem en maak die klei­ner bak daar­op staan.

3 Vul nou die groot bak half­pad met ap­pel­sap en sit ys­blok­kies in die klei­ner bak om as ge­wig te dien so­dat dit nie dryf nie. V­ries tot ge­stol. Vul dan die res van die groot bak op met sap en ver­sier met nog vrug­te en blom­me. V­ries oor­nag tot klip­hard.

4 Ver­wy­der op Kers­dag ver­sig­tig die klei­ner bak­kie; dom­pel dan die groot bak vlug­tig in wa­ter en vryf dit met ’n nat lap om die be­vro­re bak los te wik­kel. 5 Sit die be­vro­re bak in jou glas-pons­bak en skink

li­mo­na­de oor om die pons­bak op te vul. Na­ma­te die ap­pel­sap smelt, geur dit die li­mo­na­de en word die pons net lek­ker­der. Jy kan na­tuur­lik jou pons op­vro­lik met

al­ko­ho­lie­se knert­sies, wyn en/of gem­mer­bier. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.