Lam­sker­rie­pas­tei

Tuis - - LESERHUIS -

Ge­noeg vir 6–8 as deel van ’n fees­ta­fel Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 3 uur 30 mi­nu­te

• o­lie en bot­ter vir braai • 2 uie, ge­kap • 2 wor­tels, ge­kap • 30ml ko­myn­saad • 4 kar­de­mom­peu­le, ge­kneus • 30ml ge­rook­te droë ris­sies (min­der as jy ver­kies) • 30ml ge­rook­te pa­pri­ka • 1kg lam­sken­kels, op­ge­saag • 15ml bor­rie • 30ml ma­ti­ge ma­sa­la • 2 vet knof­fel­hui­sies, ge­kap • 1 duim vars gem­mer, ge­skil en ge­kap • ’n hand vol vars kol­jan­der (op­si­o­neel) • 4 vel­le fil­lo­deeg • 30ml ge­smel­te bot­ter

1 Ver­hit ’n bie­tjie o­lie en bot­ter saam in ’n groot ka­strol en braai die uie en wor­tels oor lae hit­te tot glan­send. Voeg die ko­myn, kar­de­mom, ris­sie en pa­pri­ka by en braai oor lae hit­te tot geu­rig. Roer die v­leis deur. S­trooi nou die bor­rie, ma­sa­la, knof­fel en gem­mer bo-oor die v­leis. Sit die dek­sel op en laat prut oor sta­di­ge hit­te tot­dat ’n dik­ke­ri­ge pas­ta vorm; roer dan deur. Voeg ’n bie­tjie wa­ter by in­dien no­dig. Laat prut rus­tig tot­dat die v­leis gaar en sag is (so­wat 3 uur).

2 Voeg die vars kol­jan­der­bla­re by die v­leis en skep dit in ’n oond­vas­te bak. Laat ef­fens af­koel, proe vir sout en pe­per.

3 Verf el­ke vel fil­lo met bot­ter en sta­pel al vier op me­kaar. Vou in kwar­te en knip met ’n skerp skêr hier en daar om die ran­de vorm­pies uit (soos vir ’n pa­pier­sneeu­vlok­kie). Dié stap is op­si­o­neel, maar speels en mooi. Be­dek die pas­tei met die deeg en vou die ek­stra deeg om die ran­de in. Verf die bo­kant van die pas­tei ook met bot­ter en bak vir so­wat 15 mi­nu­te of tot goud­bruin en bros. Sit voor met geel­rys en ta­ma­tiesam­bal.

Wenk Voeg ’n knip­pie saf­fraan by jou rys ter­wyl dit kook om die goue kleur te kry en gar­neer dit met gra­naat­ro­by­ne en ge­roos­ter­de a­man­del­vlok­kies vir ’n fees­te­li­ke voor­koms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.